Noordwes-botsing eis 12

Argieffoto.

Argieffoto.

Twaalf mense is dood en agt beseer nadat twee voertuie Sondagaand op die N12-snelweg buite Klerksdorp in Noordwes gebots het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag die toneel as grusaam beskryf en gesê liggame was regoor die snelweg gestrooi nadat twee minibustaxi’s teen mekaar gebots het.

Volgens ooggetuies het een van die taxi’s verskeie voertuie probeer verbysteek voordat dit die ander taxi reg van voor getref het.

“Ons vermoed die passasiers is uit die taxi’s geslinger toe die voertuie weens die impak uitmekaar geskeur en omgeslaan het,” het Vermaak gesê. “Vyf van die twaalf mense wat dood is, is kinders tussen die ouderdom van een en ses jaar. Albei taxibestuurders is ook op die toneel dood verklaar.”

Die pad was vir ʼn geruime tyd vir verkeer gesluit terwyl die polisie die toneel ondersoek het, en opruimingswerk plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Of mens dit nou wil glo of nie, taxi’s (buiten vragmotors en busse) is en bly die grootste gevaar op die landspaaie. Hul arrogansie en “waagmoed” ken geen perke.

Paul S ·

Henk, hierdie bestuurders kan nie afstand skat nie, hy word agter sy ma se rug groot en sien net agterkop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.