As Supra Mahumapelo, die voorsitter van die ANC in Noordwes, sy sin kry, sal dié provinsie se naam na Moses Kotane verander.
Volgens Mahumapelo is die rede hiervoor dat Noordwes ’n vae geografiese pleknaam is, en vervang moet word met iets wat die struggle-geskiedenis van die provinsie moet reflekteer, berig OFM.
Hy het die bekendstelling gemaak tydens ʼn spesiale vergadering met president Jacob Zuma en ander ANC-hooggeplaasdes. Die vergadering was Dinsdag in Potchefstroom se Tlokwe-munisipaliteit gehou. Mahumapelo het tydens die byeenkoms verskeie voornemens vir die provinsie gemaak om Noordwes ʼn “wen provinsie” te maak.
André Duvenhage, ‘n politieke kenner, het aan OFM gesê die ANC moet eers sy huissake in orde kry voor sulke ideale bereik kan word.
Dis reg!!!!!verander alle bekende dorpe se name en distrikte se name,,, dan is Suid Afrika sommer vir goed van die “WERELD” VERWYDER,,,,MOENIE VERGEET OM OOK SUID AFRIKA N ANDER NAAM TE GEE!