Noordwes kry eerste DA-burgemeester

Prof. Annette Combrinck

‘n Lid van die Demokratiese Alliansie is Donderdag tot burgemeester van Potchefstroom verkies.

Prof. Annette Combrinck, voormalige rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is verkies bó raadslid Lucky Tsagae van die ANC.

‘n Mosie van wantroue is teen voormalige burgemeester Maphetle Maphetle gebring wat hom van sy pligte onthef het weens bewerings van korrupsie. Die mosie is aanvaar met 37 stemme teenoor 13 en daar is sterk vermoedens dat sommige ANC-raadslede ook vir Combrinck gestem het.

Combrinck het Tsagae met een stem gewen.

“Dié oorwinning oor die ANC in die Tlokwe-stadsraad wys daarop dat meer en meer Suid-Afrikaners, selfs ANC-raadslede, die DA as ʼn tasbare alternatief tot die ANC erken,” het Chris Hattingh, leier van die DA in Noordwes, in ʼn verklaring gesê.

“Die DA verbind homself tot dienslewering, skoon regering, om die behoeftes van armes aan te spreek en die inwoners van Potchefstroom te dien,” het Combrinck gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rietha Kruger ·

Uitstekende nuus!!! Ons begin van ‘n kant af en maak Suid-Afrika ‘n model land!!

Lanie ·

Ek dink dit is wonderlik sy is n yster en ons het n paar van hulle nodig baie sterkte en ek weet sy sal in belang van elkeen optree

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.