Noordwes-man vas vir verkragting

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 33-jarige vrou verkrag het in Koster in Noordwes.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die 36-jarige man het die vrou glo omstreeks 2:30 Vrydagoggend verkrag. “Daar word beweer die slagoffer was op pad huis toe van ʼn kroeg toe sy agtergekom het die verdagte volg haar.” Die man het die vrou glo met ʼn klip teen die kop geslaan en haar na ʼn nabygeleë stadion gedwing waar hy haar verkrag het. Hy het die vrou toe glo na sy huis geneem waar hy haar weer verkrag het. Die vrou het die beweerde verkragting by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Koster-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.