Noordwes-man vas wat ná verkragting glo slaap

ʼn 44-jarige man is Saterdag in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie verkrag en daarna aan die slaap geraak het.

Kapt. Adéle Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagte het Vrydagaand sy eksmeisie in haar huis naby Orkney in Gauteng wakker geklop. Sy het die man ingelaat. Die man het versoek dat die paartjie weer hul verhouding hervat. “Die vrou het geweier, waarop die man gevra het of hy die aand in die huis kon oorslaap,” het Myburgh gersê.

Die vrou het die verdagte glo in ʼn ander kamer in die huis laat oorslaap. “Hy het haar Saterdag in die vroeë oggendure wakker gemaak en gevra of hy saam met haar in haar bed kon slaap, maar sy het geweier. ʼn Argument het ontstaan waarna die man haar glo oorweldig en verkrag het. Hy het ná die voorval aan die slaap geraak, waarna die vrou die polisie ontbied het,” het Myburgh bygevoeg.

Die polisie het die man steeds aan die slaap op die slagoffer se bed aangetref, en in hegtenis geneem. Die verdagte moet Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.