Noordwes-naamsverandering kry momentum

Thandi Modise. Foto: GCIS

Planne om Noordwes se naam te verander het Donderdag momentum gekry nadat Thandi Modise, die premier, gesê het die provinsie het ʼn naamsverandering nodig.

Modise het tydens ʼn toespraak in die provinsiale wetgewer gesê Noordwes moet nie langer net ʼn rigtingaanwyser op ʼn padkaart wees nie. “Ons kan nie net ʼn aanwysing of ʼn posisie op ʼn kompas wees terwyl ons die kaliber van leiers soos Moses Kotane van die provinsie het nie,” het Modise gesê. “Ons vier hierdie maand in sy naam as ‘n duidelike erkenning van hoe hy voortgaan om te lewe onder ons deur sy lesse en praktyke, en deur trots te wees om verbind te word met ‘n man van sy kaliber.” Sy sê Kotane se wysheid en liefde vir sy mense was inspirerend en sy het die jeug aangemoedig om meer te leer oor hom en ander struggle helde. Modise sê daar sal openbare verhore rakende die naamsverandering plaasvind.

Modise se aankondiging kom sowat drie maande nadat Supra Mahumapelo, ANC-voorsitter in Noordwes, se aankondiging dat sy party oorweeg om die provinsie se naam te verander. Daar is destyds vermoed dat hy Modise probeer voorspring het aangesien hy glo vry na die premierstoel. Mahumapelo se voorstel was om die provinsie se naam na Moses Kotane te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariette Hammann ·

Kry asseblief jou prioriteite reg! As daar nie geld is vir ordentlike paaie, skole en hospitale nie, voel ons almal vere vir iemand wat onbekend is en niks positief bygedra het tot die provinsie se ontwikkeling nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.