Noordwes-plaasaanval: Bejaarde steeds kritiek

Hennie en Frans van der Schyff.

Hennie en Frans van der Schyff.

Daar is nog geen verbetering in die toestand van ‘n 75-jarige boer, Frans van der Schyff, wat Woensdag erge hoofbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in Noordwes nie.

Van der Schyff en sy vrou, Hennie (73), is Woensdag op hul plaas Môrester tussen Klerksdorp en Ventersdorp aangeval. Van der Schyff het kritieke beserings opgedoen terwyl sy vrou Hennie in die aanval gesterf het.

Frans jr., die egpaar se seun, het Vrydag aan OFM gesê dokters by die Garden City-hospitaal in Johannesburg sê die drukking op sy pa se brein is verlig, maar daar is ook ander komplikasies.

Die twee verdagtes wat in verband met die voorval aangekeer is, sal Maandag in die hof in Klerksdorp verskyn. Lees meer hier.

Bron: OFM

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JB ·

Ek dink wat ek voel en wil sê, kan nie hier geskryf word nie!!!!!!! Sal my dan toesluit!!!

magda ·

Wanneer gaan dit eindig! Mens moet in vrees lewe! En hoeveel van die plaasmoorde weet ons van!

Justi ·

Dis geen wonder hulle word gehaat nie! Jy sien nie blankes wat hulle wonings bekruip en moor en plunder nie! Wonder so in my binneste….wat gaan hulle doen sou die blankes omdraai en dieselfde begin doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.