Noordwes-premier met dood gedreig

Thandi Modise

Thandi Modise, die premier van Noordwes, het die afgelope tyd doodsdreigemente ontvang.

Lesiba Kgwele, ʼn woordvoerder van die Noordwes-regering, het bevestig dat die premier al ʼn geruime tyd bewus is van die dreigemente en van gerugte oor ʼn sluipmoord wat op hom beplan word. Volgens Kgwele het Modise ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak sodat die polisie kan ondersoek instel na wie vir die dreigemente verantwoordelik is.

OFM het Donderdag berig Obuti Chika, ‘n ANC-beampte in Noordwes, is verlede jaar in Desember in die oprit na sy motorhuis geskiet. Hy het later in ‘n hospitaal in Klerksdorp aan sy beserings beswyk. Agt mans, insluitend die LUR vir plaaslike regering, China Dodovu, staan tereg vir die moord. Die saak sal op 13 Junie hervat word. Ses van die agt verdagtes, insluitend Dodovu, is op borgtog vrygelaat.

Die ANC het die dreigemente streng veroordeel en die polisie gevra om die saak daadwerklik te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JB ·

Sy het haar behoorlik bllootgestel, so sy moet maar aanvaar wat na haar kant toe kom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.