Noordwes-seuntjie (4) voor skool doodgery

Barend Porter. Foto: Facebook

Barend Porter (4) is Woensdagmiddag voor sy skool in die dorpie Koster in Noordwes, doodgery.

Beeld het Donderdag berig Barend se ma, Katryn Porter, het op die toneel waar hy dood verklaar is, by hom gepleit dat hy “nie moet gaan nie”.

Na wat berig word, is Barend en sy suster, Angelique (7), deur ʼn ouma raakgery, wat haar kleinkind by die Koster Gekombineerde Skool gaan oplaai het. Barend het langs Angelique gestaan en vir hul ma gewag, toe hulle albei deur die voertuig, ʼn bakkie, getref is. Angelique het net ʼn geringe skouerbesering opgedoen.

Landi Joubert, wie se kinders by die skool skoolgaan, het aan Beeld gesê toe sy by die skool opdaag om haar kinders op te laai, het Barend op die grond gelê.

“Een van die onderwysers het ʼn verband om sy kop gedraai, daar het bloed by sy neus, ore en mond uitgekom. Hy was bewusteloos,” het Joubert gesê.

Volgens Joubert het Katryn histeries geraak toe sy by die toneel aangekom het. Sy het met Barend gepraat en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas en sy hart masseer, maar hy is op die toneel dood.

Louisa Mabe, LUR vir onderwys in Noordwes, het gesê sy is geskok en het haar meegevoel betuig.

Kapt. Aafje Botma, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval sal ondersoek word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marie ·

Baie hartseer. My gebede gaan uit na die familie en veral die ma en sussie. Baie sterkte vir julle.

Sylvia Siemens ·

Dit is ongelooflik tragies!!! Hierdie dinge gebeur ook omdat “babas” al moet skool toe gaan, die berig sê niks of die ouma probeer help het en nog daar was toe die Ma opgedaag het nie, dit klink nie of daar vreeslik moeite gedoen is om die arme seuntjie te help nie, dit is regtig tragies, hierdie tragedie kon verhoed gewees het, as onderwysers meer ingesteld was op kinders se bewegings en mense nie soos maniake bestuur nie

janine ·

dit regtig sad ek werk self vir die nooddienste, en my seuntjie ook 5 ook in kleuterskool maar moet se geen kind mag uit klas kamer beweeg sonder dat ouer kind kom afhaal nie en daar is 2 hekke voorste hek gaan van 12uur oop en middel hek moet teen alle tye toe wees tot ouer kom, my hart bloei vir die ma en ons bid vir herstel op die sussie sterk wees dink aan die ouers

Shemon ·

Dis baie tragies om van Barend te lees.Ek bid vir sy ouers en sussie dat hulle sal sterk wees in hierdie tyd want om n kind te verloor en op so n tragiese manier is geweldig swaer om te verwerk.Ek bid ook vir die ouma wat die kind omgery het,dit was n ongeluk en ons moet bid dat sy ook vrede in haar hart sal vind oor wat gebeur het.

Liza ·

Dis so, so hartseer, ek is so te se amper in trane, kan nie dink waardeur die ouers gaan nie. Hy lyk soos ‘n pragtige engel wat weggeneem is. Sterkte aan die ouers.

sylvia du plessis ·

my hart bloei vir die familie van die kind.hoe kan die mense nie die kinders sien nie veral as dit by n skool gebeur het nie.Sterkte vir die familie my gebede gaan uit na julle

Winston Greyling ·

So baie hartseer …. ons dra almal aan die Here op. Sterkte vir julle.

Marinda Hattingh ·

Baie dankie vir die kommentare van bemoediging vir al die betrokkenes. Ek as inwoner van Koster en ouer met kinders by hierdie wonderlike skool, kan absoluut getuig van die ontsettende hartseer van ons hele gemeenskap en veral die smart by die skool. Alles moontlik is gedoen om te help en ons gemeenskap gaan uit hul pad uit om hierdie gesinne te ondersteun en te help. Daar word ook berading vir die skool gereel – hierdie is ‘n hartseer wat elke inwoner van Koster oneindig geraak het. Dink asb in jul gebede aan al die betrokkenes, hul het dit baie meer nodig as verwyte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.