Noordwes skenk 14 renosters aan Botswana

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Die Noordwes-regering het die skenking van 14 swartrenosters aan Botswana goedgekeur.

Lesiba Kgwele, woordvoerder van die premier se kantoor, sê agt koeie en ses bulle sal na Botswana gestuur word in ʼn poging om die land se renosterbevolking te vestig. Hy sê wanneer die renosterbevolking in Botswana gestabiliseer het sal helfte van die Suid-Afrikaanse renosters se afstammelinge teruggestuur word na Noordwes. Kgwele sê Botswana sal die kostes rakende die verskuiwing van die renosters betaal. Hy sê daar is reeds voorheen 13 renosters aan Botswana geskenk. Die 13 renosters het intussen aangeteel tot 48, waarvan die helfte van die afstammelinge aan die Noordwes-regering behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.