Noordwes-vloede: Dodetal styg

Vloede in Noordwes 2012 Foto: Greg Marinovich / Storytaxi

Vloede in Noordwes 2012 Foto: Greg Marinovich / Storytaxi

ʼn 41-jarige man is dood toe hy in Noordwes deur ʼn weerligstraal getref is.

“Die donderstorm het Kang naby Tosca in Noordwes getref,” het Thandi Modise, premier van Noordwes, in ʼn verklaring gesê.

Minstens agt mense het reeds weens oorstromings in die gebied omgekom. Meer as 700 families word geraak deur die oorstromings. Altesaam 14 huise in Bona Bona kon Saterdag steeds nie bereik word nie en vier brûe, wat sowat 26 dorpies aan mekaar verbind, is ook beskadig.

“ʼn Span van die provinsiale regering sal Maandag ontplooi word om te bepaal hoeveel skade aan die padinfrastruktuur en behuising aangerig is,” het Modise gesê.

Kospakkies, komberse, matrasse en tente word uitgedeel. -SAPA

Lees ook:
Noordwes-vloede eis 7

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.