Noorse student 24 keer met mes gesteek op SA kampus

ʼn Student van Noorweë is 24 keer met ʼn mes gesteek by die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Die Sunday Tribune berig dat Rakel Fastings (21) aangeval en beroof is terwyl sy op haar skootrekenaar besig was in ʼn klaskamer op die universiteit se Howard College-kampus. Die voorval het omstreeks 18:00 Woensdag 24 Oktober plaasgevind. Fastings se aanvaller het haar 24 keer met ʼn mes in die gesig, nek en op haar skouers gesteek. Die aanvaller het met haar skootrekenaar gevlug maar het dit later laat val nadat hy agternagesit is. Fastings was die afgelope vier maande in Suid-Afrika. Sy het Vrydag teruggekeer na Noorweë saam met haar ma. Die polisie en die universiteit ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.