Noorweë gedenk een jaar sedert Breivik-slagting – VSA skud kop oor eie

Vandag (22 Julie) is dit presies ‘n jaar sedert ‘n stil Noor, Anders Breivik, skynbaar berserk geraak en 77 mense doodgeskiet het. In die VSA word die wonde gelek na ‘n 24-jarige verdagte by ‘n Batman bekendstelling op teatergangers losgebars het en 12 mense doodgeskiet en talle gewond het.

Die Noorweegse minister van Justisie, Grete Faremo, sê anders as wat verwag is, het die gemoed van haar landgenote in dié jaar weer na mins of meer normaal teruggekeer. Noorweërs se vertroue in vreemdelinge het toegeneem, maar hulle is minder naïef. Faremo sê een van die sleutelvrae is of Noorweë ‘n oop demokrasie kan wees sonder om te naïef te wees.

Die VSA, wat al verskeie skietvoorvalle soos dié waarvan James Holmes verdink word beleef het, is reeds intensief om die psige van die skieter te ontleed. Holmes word as aangenaam maar stil met min vriende beskryf, en het as student briljant in onder meer neurowetenskap presteer. Mense wat hom as student geken het vind dit ongelooflik dat dié jong man in staat was om iemand dood te maak, laat staan nog blindelings mense in ‘n teater afmaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.