Noorweë-skieter bly agter tralies

Foto: Facebook

Anders Behring Breivik, wat aangekla word van die massamoord op 76 jongmense, sal die volgende agt weke agter tralies bly terwyl die ondersoek na verlede week se twee aanvalle in Noorweë voortgaan. ʼn Bomontploffing in die hoofstad Oslo het die lewe van 7 mense geëis.

Kort daarna het ʼn man in ʼn polisie-uniform 76 mense doodgeskiet by ʼn jeugkamp op ‘n eiland buite Oslo. ʼn Regter het vandag, na ʼn hofsitting agter geslote deure, beslis dat Breivik in afsondering aangehou word. Die regter het ook beslis dat Breivik nie besoekers of briewe mag ontvang nie. Derduisende Noorweërs het vroeër vandag die hoofstad se strate ingevaar ter herinnering aan die slagoffers van een van die land se ergste aanvalle in die geskiedenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugene Brink ·

‘n Goeie voorbeeld van ‘n edele saak wat deur baie swak oordeel en middele beklad word. ‘n Hedendaagse Hitler 

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.