Johan Stemmet, die sanger en aanbieder van die gewilde musiekvasvra-televisieprogram Noot vir Noot, is nie dood nie.
Johan Stemmet, die voormalige hoof van die destydse Afrikaanse radiodiens in Kaapstad, is wel in ʼn ouderdom van 80 oorlede. Nuus van die 80-jarige Stemmet se afsterwe het sosiale media aan die gons omdat sommige gebruikers hom misgis het met Johan Stemmet van Noot vir Noot-faam.
Adair le Pere, die produksiebestuurder van Noot vir Noot, het Donderdag aan Maroela Media gesê Stemmet, die sanger, se aanhangers hoef nie bekommerd te wees nie, hy is in goeie gesondheid en dat hy beslis lewe.
Volgens RSG het die 80-jarige Stemmet ʼn lang stryd teen kanker gevoer. Hy het in die vroeë 90s by die SAUK afgetree. Die stasie het ook hul luisteraars se aandag daarop gevestig dat dit nie die sanger is wat gesterf het nie.
Ai…mensies hardloop weg met nuus..maar so bly hy is nog met ons.