NOR: ‘Gaddafi is dood’

Die onsetelde Libiese leier, Muammar Gaddafi. Foto: GCIS

Die Amerikaanse regering kon nie Donderdag berigte dat die onsetelde Libiese leier, Muammar Gaddafi, gevange geneem of doodgemaak is bevestig nie.

Al Jazeera berig dat Gaddafi deur vegters van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) in Sirte gevang is. ʼn Woordvoerder van die NOR het intussen aan Reuters gesê dat Gaddafi in albei sy bene gewond is en dat hy aan syw onde beswyk het. ʼn Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Victoria Nuland, sê senior beamptes by die Pentagon probeer die berigte bevestig. Dit kom weke nadat die NOR beheer van Sirte, Gaddafi se tuisstad, oorgeneem het en hy gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.