Northcliff-martelmoord: Saak na hooggeregshof

Karen Buchan en Gary Smith

Die saak teen twee mans wat van die wrede moorde op Gary Smith en Karen Buchanan, ʼn broer en suster van Northcliff, verdink word, se saak is Woensdag na die Johannesburgse hooggeregshof verwys.

Kenneth Schroder (53) en Paul Mundel (39) word aangekla van die moord op Smith (44) en Buchanan (46). Schroder en Mundel het vanoggend in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Landdros Paul du Plessis het gesê dat hul verhoor op 30 September by die Palm Ridge-streekshof sal begin. Die verdagtes word aangekla van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ʼn vuurwapen. Hulle is albei uit op borgtog.

Smith en Buchanan is in Maart 2008 in hul huis in Northcliff vermoor. Hulle is vasgebind, hul tande is uitgetrek en veerpyltjies is na hulle gegooi, voor hulle in die kop geskiet is. Die verdagtes was glo vriende van die slagoffers.

Lees ook:
Northcliff-martelmoord: Verdagtes kry borg
Twee vas vir martelmoord op broer en suster van Northcliff

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

weet ni hukom word geld gemors op hulle ni. gaan in elk geval binne 5 jaar weer op straat wees om verder te verkrag, moor en steel. dis mos di goedgedeurde norm van die nuwe SA.

Mariette Hammann ·

Uit op borgtog. Dit is die hele probleem in die land!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.