Northcliff-martelmoord: Verdagtes kry borg

Karen Buchanan en Gary Smith

Twee mans wat daarvan verdink word van die gru-moorde op ʼn broer en suster van Northcliff is Dinsdag deur die Johannesburgse landdroshof op borgtog vrygelaat.

Kenneth Schroder (53) en Paul Mundel (39) word aangekla van die moord op Gary Smith (44) en Karen Buchanan (46). Smith en Buchanan is in Maart 2008 in hul huis in Northcliff vermoor. Hulle is vasgebind, hul tande is uitgetrek en veerpyltjies is na hulle gegooi, voor hulle in die kop geskiet is. Die verdagtes was glo vriende van die slagoffers, berig The Star.

Die verdagtes word aangekla van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ʼn vuurwapen. Hulle is albei borgtog van R15 000 toegestaan.

Landdros Paul du Plessis het gesê die verdagtes is nie vlugrisikos nie. Hy het ook die geloofwaardigheid van ʼn ooggetuie, ‘n verdagte se eksmeisie, bevraagteken omdat dié eers vyf jaar na die voorval na vore gekom het.

Die verdagtes moet tot hul volgende hofverskyning elke dag van Maandag tot Saterdag by hul naaste polisiestasies aanmeld.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.