Northcliff-martelmoord: Verhoor begin vandag

Karen Buchan en Gary Smith

Karen Buchan en Gary Smith

Die saak teen twee mans wat verdink word van die wrede moord op Gary Smith en Karen Buchanan, ʼn broer en suster van Northcliff in Johannesburg, begin vandag in die Johannesburgse hooggeregshof.

Kenneth Schroder (53) en Paul Mundel (39) word aangekla van die moord in op Smith (44) en Buchanan (46) in 2008.

Schroder en Mundel is in Januarie vanjaar vir die twee se moord in hegtenis geneem en word aangekla van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Schroder en Mundel is albei tans uit op borgtog van R15 000.

Smith en Buchanan is in Maart 2008 in hul huis in Northcliff vermoor. Hulle is onder andere vasgebind, hul tande is uitgetrek en veerpyltjies is na hulle gegooi, voor hulle in die kop geskiet is. Die verdagtes was glo vriende van die slagoffers.

Mundel se vorige meisie het ʼn wenk aan die polisie gegee dat die twee met die moord verbind word. Die vrou, wat ʼn staatsgetuie is, beweer sy was in die huis toe die gru dade plaasgevind het. Piet du Plessis, Mundel se prokureur, het die aantygings verwerp en gesê die vrou sê so uit weerwraak.

Lees ook:
Northcliff-martelmoord: Saak na hooggeregshof
Northcliff-martelmoord: Verdagtes kry borg
Twee vas vir martelmoord op broer en suster van Northcliff

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.