Noue ontkoming ná trein voertuig tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Trein het Woensdag ʼn voertuig in Umgababa naby Durban getref en “wonderbaarlik” het die insittendes nie ernstige beserings opgedoen nie.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê ʼn volgelaaide minibustaxi het ʼn treinspoor in die R102-pad oorgesteek toe die trein die voertuig getref het. “Die taxi is teen die linker-agterkant getref en is regs van die treinspoor aangetref,” het Jackson gesê.

Sy het gesê passasiers wat agter in die taxi gesit het, het matige beserings opgedoen.

“Hulle het wonderbaarlik nie ernstige beserings opgedoen nie. Die ander passasiers in die taxi is nie beseer nie. Nadat hulle ondersoek is, het hulle op hul eie die toneel verlaat.” Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Sondagaand is twee mense dood en 18 beseer nadat ʼn trein ook ʼn minibustaxi in KwaZulu-Natal getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Arme pasasiers.
Lyk my die bestuurders van taxies kan nie lees nie of hulle ignoreer alle pad tekens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.