EWN berig die ANC veteraan en haar lyfwagte was glo in ʼn onderonsie betrokke met twee metropolisie beamptes in Desember verlede jaar. Die beamptes het glo Madikizela-Mandela se motor afgetrek nadat dit volgens hulle roekeloos en teen ʼn hoë spoed deur die verkeer gevleg het. Die beamptes het ook beweer dat hulle deur Madikizela-Mandela se lyfwagte aangerand is. Die lyfwagte het op hul beurt beweer hulle is deur die beamptes aangerand. Madikizela-Mandela het na die voorval klagte van intimidasie teen die beamptes aanhangig gemaak. Een van die beamptes, Jannie Odendaal, het op sy beurt klagte teen Madikizela-Mandela aanhangig gemaak. ʼn Adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het aan EWN gesê die vakbond is gefrustreerd met die proses aangesien daar niks gebeur van die vervolging se kant af nie. Odendaal word deur Solidariteit verteenwoordig.
NPA oorweeg klagte teen Winnie Madikizela-Mandela
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.