NPA oorweeg klagte teen Winnie Madikizela-Mandela

Dr Dirk Hermann van Solidariteit saam met Jannie Odendaal.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor of hy Winnie Maikizela-Mandela sal aankla vir regsverydeling.

EWN berig die ANC veteraan en haar lyfwagte was glo in ʼn onderonsie betrokke met twee metropolisie beamptes in Desember verlede jaar. Die beamptes het glo Madikizela-Mandela se motor afgetrek nadat dit volgens hulle roekeloos en teen ʼn hoë spoed deur die verkeer gevleg het. Die beamptes het ook beweer dat hulle deur Madikizela-Mandela se lyfwagte aangerand is. Die lyfwagte het op hul beurt beweer hulle is deur die beamptes aangerand. Madikizela-Mandela het na die voorval klagte van intimidasie teen die beamptes aanhangig gemaak. Een van die beamptes, Jannie Odendaal, het op sy beurt klagte teen Madikizela-Mandela aanhangig gemaak. ʼn Adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het aan EWN gesê die vakbond is gefrustreerd met die proses aangesien daar niks gebeur van die vervolging se kant af nie. Odendaal word deur Solidariteit verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.