NSA koekeloer wêreldwyd op 100 000 rekenaars

Argieffoto

Argieffoto

Die Amerikaanse National Security Agency (NSA) het spioenasie-programme, algemeen bekend as “spyware”, wêreldwyd op sowat 100 000 rekenaars geplant, aldus die New York Times, wat op sy beurt verskeie bronne aanhaal.

Die programme stel die NSA nie net in staat om op die rekenaars te gaan koekeloer nie, maar om ook kuberaanvalle te loods.

‘n Interessante brokkie inligting is egter dat die NSA selfs kan koekeloer as die rekenaar nie aan ‘n netwerk gekoppel is nie. Hierdie rekenaars moet egter sekere komponente bevat wat die NSA in staat stel om die inligting deur radiogolwe te bekom.

Die NSA het onlangs erg onder skoot gekom toe dit aan die lig gekom het talle mense se telefoongesprekke is onderskep, onder meer ook dié van die Duitse kanselier, Angela Merkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.