NSRI op soek na tiener in Mosselbaai

De Bakke-strand, Mosselbaai

Polisieduikers en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is op soek na ‘n tiener wat in die see by Mosselbaai verdwyn het.

Die 13-jarige was Donderdagmiddag saam met ‘n vriend by De Bakke-strand toe hy in die golwe verdwyn het, berig EWN. Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê die seun het sowat 20 meter van die strand af geswem toe hy in die moeilikheid beland het. “Hy was saam met ‘n volwasse vriend. Die vriend het die seun as vermis aangemeld. Die soektog duur voort,” het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.