NSRI red 2 toe kano omslaan

NSRI Hermanus Foto: NSRI

Twee 19-jarige mans is Donderdag in Hermanus gered toe hulle nagelaat het om die dreineringsprop in hul kano in te prop.

“Dit lyk of hulle die kano by ‘n vriend geleen het, maar het nie besef hulle moet die dreineringsprop inprop nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. Die dreineringsprop verhoed dat water in die kano invloei, en word gebruik om oortollige water uit die kano te dreineer wanneer die kano weer op droë grond staan.

Die kano was onstandvastig toe die water begin invloei en het naby die Marine-hotel omgeslaan. ‘n NSRI-vrywilliger het die voorval aanskou en dadelik ‘n reddingspan ontbied. Die twee mans, een van Hermanus en een van Stellenbosch, was besig om strand toe te swem. “Hulle is op die seereddingsvaartuig getel en hul kano is ook ingesleep. Hulle is by die ou hawe na veiligheid gebring en het nie enige verdere hulp benodig nie,” het Lambinon bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.