Foto’s: NSRI red seeskilpad se lewe

Foto's: NSRI

Foto’s: NSRI

Reddingswerkers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn seeskilpad van ʼn gewisse dood gered.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die NSRI, het Dinsdag gesê die NSRI in Gordonsbaai het Sondag omstreeks 10:45 ʼn oproep ontvang dat ʼn seeskilpad in ʼn ski-tou verstrengel geraak het.

“Daar was mense op roeibote wat probeer het om die dier te bevry. Die NSRI het ook ʼn span na die toneel gestuur om die skilpad los te kry,” het Lambinon gesê.skilpad2

Volgens Lambinon was die tou om die skilpad se lyf en een vin gebind. Die reddingswerkers het die tou versigtig afgesny en dier is bevry.

“Die skilpad het dadelik weggeswem en dit het gelyk of hy ongedeerd van die voorval afgekom het. Ons is optimisties dat hy sal oorleef.”skilpad3

skilpad4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Knap gedaan NSRI. Dankie vir julle en ook die ander mense wat probeer help het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.