NSRI spoor visserman op in Hermanus

‘n Visserman is Sondagoggend dood aangetref naby Hermanus, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

Die man, in sy laat 20s, was glo in visnette onder die water by Fisherhaven Lagoon naby Hermanus vasgevang. Die NSRI het ‘n reddingspan na die toneel ontbied na ‘n berig ontvang is oor ‘n boot met ‘n klein enjin wat glo onderstebo aangetref is. Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê die span het die boot, genaamd Orion, opgespoor en op die man met ‘n blou oorpakbroek en swart reënjas afgekom. Die man het glo drie lae klere onderaan gehad. Die man is nog nie uitgeken nie en dit is ook nog nie bekend waar die boot vandaan gekom het nie. Die liggaam is na die polisie en forensiese patologiediens gestuur. Volgens Lambinon is hul grootste bekommernis dat die man nie alleen was nie, en dat nog persone vermis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.