Numsa eis Nkandla-aanspreeklikheid

Irvin Jim, Numsa

Irvin Jim, Numsa

Irvin Jim, uitvoerende hoof van Numsa, het Woensdag gesê indien die uitgelekte verslag van die Openbare Beskermer oor die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning waar is, moet daar aanspreeklikheid wees.

“Daar is geen regverdiging om R200 miljoen aan die huis van die president te spandeer nie,” het Jim aan afgevaardigdes by Numsa se spesiale nasionale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand van Gauteng, gesê. “Indien die besonderhede wat uitgelek het waar is, dan eis ons aanspreeklikheid van die departement van openbare werke en die president.”

Die Mail & Guardian het verlede maand berig dat Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, in haar voorlopige verslag bevind het dat Zuma die parlement mislei het en dat hy tot ʼn groot mate voordeel getrek het uit die opgradering van R206 miljoen by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Jim hou tans die sekretariaat se verslag voor by die kongres van die National Union of Metalworkers (Numsa). Die vakbond gaan, onder andere, bespreek of hy die ANC in volgende jaar se verkiesing gaan ondersteun.

Die vakbond sal ook wag vir Madonsela om haar amptelike verslag vry te stel. Hy sê Numsa was daarteen gekant dat die verslag geklassifiseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.