Numsa-president bedank

Cedric Gina. Foto: Politicsweb

Cedric Gina. Foto: Politicsweb

Cedric Gina, die president van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het glo Maandagmiddag bedank.

Hy het tydens ʼn onderhoud met eNCA, gesê hy het omstreeks 15:00 ‘n brief aan die topbestuur van Numsa gestuur en sy bedanking daarin aangekondig.

Gina het aan eNCA gesê dat terwyl sommige vakbondleiers sou saamstem oor een ding, ander boodskappe aan die media oorgedra word wat hulle ooreenkoms weerspreek. “Ek verwys na gerugte dat Numsa die alliansie [Cosatu] gaan verlaat, asof daar reeds ʼn besluit daaroor geneem is,” het Gina gesê. “Daar is nog geen besluit geneem om van Cosatu te skei nie.”

Castro Ngobese, die vakbond se woordvoerder, het egter gesê hy is nie bewus van Gina se bedanking nie. Irvin Jim, Numsa se hoofsekretaris, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Lekker man ….. ons staan op die kant lyn en kyk hoe die anc uitmekaar skeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.