Numsa sny alle bande met ANC

Irvin Jim Foto: @the_new_age op Twitter

Irvin Jim Foto: @the_new_age op Twitter

Irvin Jim, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het Vrydag gesê die vakbond gaan nie die ANC in volgende jaar se verkiesing ondersteun nie.

“Die vakbond gaan ook nie meer bydraes lewer vir die vakbondfederasie Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) nie,” het Jim aan afgevaardigdes by die vakbond se spesiale nasionale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand gesê.

“Numsa as ʼn organisasie gaan nie die ANC of enige ander politieke party in 2014 ondersteun of onderskryf nie.”

Vakbondlede het die grondwetlike reg om te stem, maar lede van die vakbond en beamptes sal in hul vrye tyd en met hul eie hulpbronne ʼn veldtog van stapel stuur. “Enige individuele lid is geregtig daarop om in sy eie tyd aktief betrokke te wees by enige politieke party, insluitend om in leierskapposisies aangestel te word,” het Jim gesê. “Geen ampsdraer in Numsa sal egter toegelaat word om ʼn ampsdraer van enige politieke party te wees nie.

Die vakbond het vroeër versoek dat pres. Jacob Zuma bedank. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niemand ·

Die magtige anc is besig om te verkrummel. Hulle eie mense se oe is stadig maar seker besig om oop te gaan.
Waar is die sorgvrye Apartheid jare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.