Numsa versoek Medupi-ondersoek

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Numsa het Donderdag versoek dat ʼn onafhanklike ondersoek oor beweerde samespanning deur konstruksiemaatskappye by die Medupi-kragstasie in Limpopo ondersoek moet word.

“Daar moet streng opgetree word teen die maatskappye,” het Irvin Jim, uitvoerende hoof van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), gesê. “Dit is tyd dat die regering ʼn staatsbeheerde konstruksiemaatskappy moet oorweeg om samespanning en onwettige uitgawes hok te slaan.”

“As ons dít nie doen nie, sal ons blootgestel word aan plundery,” het Jim bygevoeg.

Die Kompetisie Kommissie het verlede maand aangekondig dat 15 konstruksiemaatskappye boetes van R1.46 miljard opgelê is nadat hulle glo saamgespan het toe hulle vir die 2010 Fifa-wêreldbeker getender het. Die projekte was sowat R47 miljard werd en het tussen 2006 en 2010 plaasgevind.

Jim voer aan dat maatskappye en ander individue, wat by Medupi betrokke is, probeer om die projek te saboteer om meer geld te maak. Die vakbond het glo uitgevind dat bestuurders by die aanleg hul huise aan werknemers uitverhuur en dus meer geld sal maak as die projek verleng word.

“Daar was verlede week bewerings van ʼn bom wat opgespoor is. Wat was die doel daarmee? Was dit om die werk, wat reeds gedoen is, op te blaas? Wat ons sê is dat dit tyd is vir Eskom om seker te maak dié reuseprojek is veilig,” het Jim gesê.

Eskom het Maandag aangekondig dat Medupi nie die sperdatum van Desember 2013 gaan haal om krag aan die nasionale netwerk te voorsien nie.

Lees ook:
Medupi-vertraging dalk weens sabotasie
Medupi nie gereed teen Desember 2013
Werker by Medupi vas oor plofstof
Medupi-werkers staak weer
Betogers staak by kragstasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JB ·

Ja, en “staatbeheerde konstuksiemaatskappy” gaan nie “plunder” nie – wat n grap!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.