Nutella moet opdok ná reuse regsgeding

Die vervaardigers van Nutella gaan sowat $3.05 miljoen moet opdok ná ‘n jong ma uit  Kalifornië ‘n regsaak teen hulle gewen het.

Athena Hohenberg, die ma van ‘n kleuter in San Diego, Kalifornië, het vroeg verlede jaar ‘n hofsaak teen die Ferrero ingedien, waarin sy die gesondheidswaarde van Nutella in twyfel getrek het. Volgens haar het Die maatskappy Nutella as “iets gesonder wat dit eintlik is” bemark.  Sy was glo geskok om uit te vind dat Nutella nie “gesond en voedsaam” is nie, maar eintlik gelykstaande aan lekkergoed is.

Kennisgewings oor dieregsgeding het verklaar dat Ferrero USA Inc., ‘n filiaal van die Italiaanse Ferrero Group, $4 vir elke pot Nutella sal betaal wat sedert Augustus 2009 in Kalifornië gekoop is, of wat sedert Januarie 2008 op enige ander plek in die VSA gekoop is. Verbruikers het tot 5 Julie om hul eise, tot ‘n maksimum van $20 per eiser in te dien. “Ferrero VSA ondersteun steeds sy produk en sy toewyding tot gehalte en klanttevredenheid,” het ‘n woordvoerder van Ferrero Vrydag gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.