Nuus van Korkie-ontvoerders

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie se ontvoerders in Jemen het drie weke uitstel gegun vir die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, se onderhandelingspan.

“Die groep het ook bekend gemaak dat Pierre siek is,” het dr. Imtiaz Sooliman, hoof van die organisasie, in ʼn verklaring gesê.

“Ons het die groep Vrydagaand om 23:00 weer geskakel, nadat ons sedert Woensdag nie iets van hulle gehoor het nie. Ons het ʼn boodskap gelaat dat ons moet vergader.” Sooliman sê die groep het teruggeskakel en ingestem.

Anas al-Hamati, die organisasie se kantoorbestuurder in Jemen, is intussen Donderdagaand na ʼn plek van veiligheid geneem nadat hy Maandag ʼn dreigement van die ontvoerders ontvang het.

“Hy het al die pad van dié plek van veiligheid gereis en hulle om 04:00 in ʼn motor ontmoet. Die ontmoeting was vriendelik en ordentlik,” het Sooliman bygevoeg.

Onderhandelings sal nou voortduur.

Korkie, ʼn voormalige onderwyser van Bloemfontein, is in Mei 2013 saam met sy vrou, Yolande, deur ʼn groep Al-Kaïda-militante in Taiz ontvoer. Die groep eis ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32.5 miljoen) vir Pierre se vrylating, nadat Yolande verlede week vrygelaat is. Die groep het die losprys binne agt dae geëis, wat tegnies Saterdagoggend om 06:00 verstryk het.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.