Nuusdagboek vir 27 Maart

1. SAR
Die name is Dinsdag bekendgemaak van die 13 soldate wat in die SAR gesneuwel het.
– Die SANW dui Dinsdag aan dat dit ʼn politieke besluit is wanneer moet hul ontrek.
– Die vraag onstaan wie se belange moes die SANW beskerm in die SAR

2. BRICS
– Handelsooreenkoms word Dinsdag tussen Suid-Afrika en China gesluit
– China maak Dinsdag bekend daar word $5 miljard aan Transnet geleen vir uitbreiding van infrastruktuur. Besonderhede oor terme is vaag
– Palestynse aktiviste gebruik die beraad om ʼn onafhanklike Palestina te bevorder. Groot op sosiale media by #Palestine
– Eerste deurbraak by beraad is stigting van ontwikkelingsbank.

3. ANC
– Miriam Segabutla, voormalige LUR vir gesondheid is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem vir bedrog en kry borgtog van R25 000 saam met twee ander beskuldiges.

4. Arbeid
Werkers begin weer staak by Medupi
– Shanduka dank 250 werkers af wat gestaak het by hul Graspan steenkoolmyn.
– Sowat 500 Poskantoorwerkers wat afgedank is hou optog. Poskantoor dui aan dat lewering van pos besig is om te normaliseer.

5. Marikana
– Generaal Riah Phiyega dui aan dat die SAPD se militêre rangstrukture gaan verdwyn.
– Advokaat George Bizos gaan Woensdag voort met kruisondervraging van Phiyega

6. Oscar Pistorius
– Broer Carl Pistorius verskyn Woensdag in die Vereniging hof op aanklagte van strafbare manslag
– Oscar Pistorius se verandering in borgvoorwaardes word Donderdag aangehoor deur Regter Bert Bam

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.