Nuusdagboek vir 28 Maart 2013

1. SAR
– ʼn Seremonie vir die 13 SANW-soldate word Donderdag om 14:00 by die Waterkloof-lugmagbasis gehou
– Versoeke vir antwoorde wat die SANW in SAR gemaak het neem toe
– Mail & Gaurdian verskyn met nuwe insigte rondom SAR

2. BRICS
– Geleentheid sluit Donderdag af in Durban
– Grootste konkrete besluit is dat ʼn ontwikkelingsbank gestig moet word. Die besonderhede word later onderhandel
SA veiligheidswagte stoot sekuriteitpersoneel van Vladimar Putin rond. Video kan viraal gaan.

3. ANC
– Spanning tussen die ANC en sekere Cosatu-vakbonde neem toe nadat president Zuma hul striem omdat hul nie die Nasionale Ontwikkelingsplan steun nie.

4. Marikana en SAPD-beeld
– Marikana verhoor verdaag tot na Paastyd
– Advokaat George Bizos roskam generaal Riah Phiyega in getuiebank
– Spekulasie dat sy nie meer langer as ses maande gaan dien as polisiekommissaris nie

5. Hofsake en misdaad
Carl Pistorius-saak verdaag Woensdag tot 3 April
– Oscar Pistorius Donderdag in hof vir aansoek om borgvoorwaardes te verander. Pistorius sal moontlik nie bywoon nie.
Griekwastad-moordverhoor uitgestel tot September
– Gestroopte renosters vir die jaar staan op 188 en die slagting deur onverpoosd voort

6. Ander
Probleme by die Middelburg provinsiale hospitaal duur voort. Sommige pasiënte verskuif na ander hospitale.
– Vrae oor tekens van mensvleis in vleismonsters deur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.