Nuusdagboek vir 3 April 2013

1. SAR
– Die weermagvakbond SANDU dui aan dat SA troepe uit SAR onttrek het. Minder as 20 troepe is in die land oor.
– President Zuma dui aan dat troepe ontplooiing in die SAR in nasionale en Afrika belang gedoen is. Mail&Gaurdain verskaf dokumentasie op hul webwerf dat dit in eie belang gedoen is.
– Minister van Verdediging sal aan parlement verduidelik wat het die SANW in SAR gedoen het.

2. Nelson Mandela
– Nelson Mandela is al ʼn week in die hospitaal

3. Arbeid
– Sibanye Gold reik ʼn Artikel 189 kennisgewing uit en dui aan dat tot 3000 werkers geraak kan word by hul Beatrix Wes myn. ʼn Ondergrondse vuur belemmer produksie.
– Lonmin stel Ben Magara aan as hul nuwe uitvoerende hoof. Hy kom uit die Anglo Platinum stal.

4. Marikana
– Riya Phiyega is steeds in die getuie bank.
Wapen wat verlede jaar by Marikana gesteel is, is moontlik moordwapen wat toordokter vermoor het

5. Misdaad en verhore
– Die boer Gert van Wyk van Bapsfontein omgewing sterf 63 dae nadat hy gewond is in plaasaanval
Verdagte is in hegtenis geneem in verband met moord op Happy Sindane

6. Belasting
SARS samel R814 miljard se belasting in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.