Nuusdagboek vir 4 April

1. SAR
– Onduidelikheid bestaan of Suid-Afrika sy troepe onttrek of versterk in die SAR. Die SANW ontken dat troepe versterk word.
– Die Afrika Unie (AU) het in Chad ontmoet om die SAR te bespreek. Die AU eis ʼn verkiesing binne ʼn jaar terwyl die rebelle aanvoer hulle het drie jaar nodig.
– Die parlement sê die Verdedigingskomitee gaan ontmoet om die SAR te bespreek. Verwag dat die vonke gaan spat.
– Parlement het aangetoon dat daar eers op 23 April ʼn debat oor SA troepe in die SAR gevoer kan word.

2. Nelson Mandela in die hospitaal
– Volgens dokters sterk Mandela goed aan.
DStv se kanaal 117 maak verskoning omdat die kanaal ʼn huldeblyk vir Mandela uitgesaai het.
– Die ANC trek ten velde oor DSTV se flater.

3. Staatsdiens
Minister Trevor Manuel noem dat apartheid nie meer die skuld moet kry vir die staatsdiens wat nie doeltreffend funksioneer nie.
– Die staatsdiens word beskryf as die enjinkamer wat die Nasionale Ontwikkelings Plan (NOP) van die grond moet kry.
– Cosatu vakbonde wys uit dat hul nie inkoop op die NOP nie.

4. Marikana
– Kommissaris Riah Phiyega is steeds in die getuiebank en die Menseregte kommissie se regsverteenwoordiger ondervra haar.
– Phiyega se antwoorde bly in ʼn vaste raamwerk en sy sirkuleer net die antwoorde.

5. Misdaad en hof
– Die Nasionale vervolgingsgesag dui aan dat die Andries Tatane uitspraak nie geappelleer gaan word nie.
– Die gemeenskap van Muldersdrif is in skok op die moorde op Paul Schulze en Sydney Ndata.
– Daar is reeds 203 renosters vir die jaar gestroop.
Oscar Pistorius dui aan dat hy weer wil begin oefen.

6. Ekonomie
– Besigheidsvertroue is op ʼn 13 jaar laagtepunt.
– BHP Billiton dui aan dat hy van Eskom verwag om krag kontrakte vir sy twee smelters te eer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Watter van die sake hierbo bespreek ookal, dui meeste op die swak wyse waarop die ANC-regering Suid-Afrika bestuur. En dit bring mens by die laaste item naamlik die laagste besigheidsvertroue in 13 jaar. As die ekonomie van Suid-Afrika op wankelrige bene begin staan vanweë swak vertroue, lê daar groot probleme vir die land voor waarvan werkloosheid ‘n groot faktor gaan word. En groot werkloosheid lei tot anargie wat die land in vlamme kan laat opgaan. Die ANC-regering sal gou tot inkeer moet kom want hy is nie in die vermoë om groot probleme te kan hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.