Nuuskanaal vir SAUK

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het Maandag aangekondig dat hy in September met ʼn 24-uur nuuskanaal gaan begin.

Die satellietuitsaaier, DStv, sal moet betaal om die nuwe kanaal op sy sisteem uit te saai, berig EWN. Dit is nog nie duidelik hoeveel geld die SAUK sal ontvang oor die volgende vyf jaar nie. Lulama Mokhobo, hoof uitvoerende beampte van die SAUK-groep, sê die kanaal sal in verskeie tale uitsaai en nuusinhoud gebruik wat die korporasie nie dadelik kon gebruik nie. “In die begin sal ons moontlik net ses ure per dag uitsaai, maar soos wat ons groei behoort ons binnekort die 24-uur kerf te bereik,” het Mokhobo gesê.

Anton Harber, veteraan joernalis en professor by Wits universiteit, is egter nie so optimisties nie. “Die gevaar bestaan dat die SAUK die lugtyd met lang, vervelige toesprake deur politici gaan vul,” het hy gesê.

eNews, wat privaat bedryf word, is tans beskikbaar op DStv en het sy 24-uur nuuskanaal in Junie 2008 bekendgestel. Internasionale en plaaslike nuus, sport, vermaak en sake van die dag is op eNews te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius Buys ·

En hoeveel daarvan is nuus vir ons ou minderheidsgroepies soos ag, sê nou maar vir byvoorbeeld wit Suid Afrikaners?

Ig v.d. Merwe ·

Die SAUK maak geen indruk op my nie.Op ‘n skaal van 1 tot 10 sal ek dit op 3 plaas en dit vir die nuus in Afrikaans ,5050 en ander dokumentêre programme (uitgsluit die ANC se propaganda praatjies)
Rugby is een van die ander sportsoorte wat ook afgeskeep word. Almal kan nie die duur betaal kanale bekostig nie en daardeur raak dit ook rugby liefhebbers en voornemende rugbyspelers van ander bevolkingsgroepe.
Afrikaans op SAUK is pateties en word verkrag deur dit te meng met Engelse woorde bv. 7de Laan.
Wat my betref is die SAUK op die afdraende pad wat kwaliteit uitsendings betref veral t.o.v. Afrikaans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.