Nuuskommentaar: Alles gebeur nie net in ANC-tent nie

Hoewel die wêreld nie op 21 Desember sal vergaan nie, lyk dit kompleet of die wêreld buite die ANC-tent gaan stilstaan het…

Dit wat binne daardie tent gebeur uiters belangrik vir die land se toekoms gaan wees, is so, maar dit is dit ook so dat die wêreld, en Suid-Afrika nie gaan stilstaan het nie.

Omtrent al wat in nuuswaarde met die kongres meegeding het, is oud-president Nelson Mandela se siekte, en die gepaardgaande onlekkerte van die media oor die presidensie die media oor die hospitaal waar Mandela lê vir die gek gehou het.

Ten spyte van ‘n skynbaar deeglik georkestreerde padveiligheidsveldtog wat selfs strenger wetstoepassing vir dronkbestuur in andersins lakse provinsies insluit, vind die gebruiklike padslagting met die gepaardgaande hartseer steeds plaas.  Maroela het verlede jaar verskeie kere die kwessies onderliggend aan padsterftes, soos te vinnig ry, dronkbestuur, wetstoepassing en anomie onder die loep geneem.  Min, indien enigiets het verander. 

Op sestien Desember was dit ook Geloftedag en Versoeningsdag. ‘n Instansie wat landswyd volledige nuusbulletins aan veral gemeenskapsradiostasies voorsien, het dié jaar egter nie ‘n enkele nuusverklaring oor enige van dié twee geleenthede gekry nie. Verlede jaar het radiostasies wat in die verlede tot 30 kennisgewings van Geloftefeeste gekry het, so min as drie gekry. Tog was daar heelwat sulke feeste, maar vanjaar is die aanbied daarvan opnuut swak na die media gekommunikeer.

Die konflik in die aanloop tot die ANC se nasionale kongres het waarskynlik baie mense se aptyt vir Versoeningsdag erg laat verdamp. Politieke sosioloë maan egter ook nie van gister af nie, dat leiers wat op Versoeningsdag en miskien so een of twee ander geleenthede per jaar na versoening verwys, maar die teenoorgestelde doen, of ‘n parodie daarvan maak, ‘n gedeelde slegte smaak by die publiek laat. Goeie voorbeelde is dreigemente uit die ANC om die nasionale Vredesakkoord, of dele daarvan op te sê weens die kritiek op pres. Jacob Zuma, die tydsberekening van die Tshwane-metroraad om die straatnaamkwessie op die spits te dryf en Zuma se verwysing na die verandering van die Bloemfonteinse lughawe na Bram Fischer, ‘n kommunis uit die Stalin-era as ‘n daad van nasionale versoening.

Selfs die standbeeld van oud-president Nelson Mandela wat onthul is, se swartmagsaluut  dra nie die boodskap van versoening uit nie, en dit lyk of die ANC niks uit die sage rondom die standbeeld van Sol Plaatjie geleer het nie – war Plaatjie se familie geweier het om die standbeeld met die saluut goed te keur.

Ook op die politieke terrein, het die IVP sy jaarkongres pas gehou, en het die leier, Mangosuthu Buthelezi uiteindelik aangedui dat hy deur die loop van die termyn gaan aftree. ‘n Nuwe amp, dié van onderleier, is geskep en die tradisie van die IVP as Butelezi se onbetwiste eiendom word kwalik versag met die aanduidings dat hy self die opvolger na sy hand sal gereedmaak.

In die Wes-Kaap speel Cosatu met vuur deur onrealistiese verwagtinge onder plaaswerkers te probeer skep, skynbaar om die Wes-Kaap vir die ANC terug te wen.  Onder die eise wat Tony Eherenreich gisteraand op TV gestel het is dat boere vir hul plaaswrekers ordentlike huise moet voorsien met onder meer warm water, maar verder dat die grond tussen boere en hul plaaswerkers verdeel moet word, en dat boere nie voormalige werkers van die grond mag sit nie – dus selfs meer ingryping op die boere se eiendomsreg as wat die wet op sekerheid van verblyfreg nou bied. Waar moet die boer uiteindelik boer as hy aan elke nuwe generasie plaaswerkers weer huisvesting moet bid en dele van sy plaas moet afstaan? Baie van die Wes-Kaapse wynplase is slegs enkele hektaar groot. Tensy die afleiding verkeerd is dat Cosatu nou ‘n DA-provinsie, en selfs DA-beheerde munisipaliteite teiken, sal die veldtog noodwendig landswyd uitgebrei word, en kom die TLU SA en Agri SA reeds kop aan kop teen Casatu te staan.   

Die VSA is opnuut geruk deur ‘n massaslagting deur ‘n individu. Dié keer is ‘n laerskool in Connecticut geteiken. In dieselfde jaar het die sogenaamde Batmanskietery ook in die VSA plaasgevind, en is die Noorse massamoordenaar, Anders Breivik, en die skieter van die insident waartydens verskeie mense dood, en die kongreslid Gabrielle Griffords gewond is,   Jarred Lee Louchner, se verhore afgehandel. Maroela het in diepte na die oorsake hiervan gaan kyk.  

Ook baie belangrik is dat sake in Sirië nou skynbaar stadigaan op ‘n spits gedryf word Verskeie Navolande het soldate op die Turkse grens met Sirië ontplooi begin ontplooi, formeel om Patriot-missiele te help beman wat Turkye glo moet help beskerm. Sirië se strydmagte hou nie werklik gevaar vir Turkye in nie, en die bomme wat wel in Turkye val, is per ongeluk wanneer die Assadmagte teikens naby die grens bestook. Die Russe, Assad se mees verbale bondgenote, het uit twee monde oor die toestand begin praat, ‘n aanduiding dat die rebelle nou die oorhand begin kry. Navo se optrede, wat dit ook al mag wees, moet egter die oog hou op die moontlikheid dat radikale Moslems die nuwe bedeling kan oorheers.

In Egipte broei steeds onrus na die eerste rondte van ‘n referendum plaasgevind het, wat volgens die teenstanders die weg na ‘n Islamitiese staat en die ontneming van vryhede insluit. In die eerste rondte het pres. Mohammed Morsi se Islamitiese ondersteuners blykbaar ‘n meerderheid behaal, en die week sal dit rof gaan in die aanloop tot die naweek se tweede ronde wanneer die ander 17 van 27 provinsies ook gaan stem.

Komkommertyd het beslis nog nie aangebreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.