Nuuskommentaar: Die wit gevaar

Tim du Plessis

Met sy rubriek Sondag in Rapport, ANC het ‘wit gevaar’ nodig, het Tim du Plessis duidelik ‘n olie-aar onder bitter hoë druk raakgeboor. In die kuberruim woed ‘n onverkwilike woorde-oorlog hieroor, soos op Rapport se webwerf en op Solidariteit se bakkiesblad.

Boonop haal Tim dr. Ramphela Mamphele aan wat onlangs gesê het die ANC gaan 2014 se verkiesing onder die vaandel van “wit gevaar” voer.

Die wortels vir die keuse van juis die land se bleekgesigte as kollektiewe gevaar om ‘n soort eenheid in die ANC te bewerkstellig, is ‘n ANC, wat in die woorde van wyle prof Jakes Gerwel, ‘n vrot regering is, en ‘n stok elders moet soek om die hond daaroor te moker.

Die blankes kan slegs die gemokerde hond (of vark in die verhaal) bly as die persepsie lewend gehou word dat dié deel van die bevolking inderdaad skuldig is. En hierdie verhaal lees soos ‘n riller.

Die huidige lopie is goed gedemonstreer in die verhaal wat by die Stellenbosse Woordfees begin het. Ook Tim verwys hierna, waar dit duidelik uitgespel is dat een deel van die bevolking steeds van die ander verwag om vol skuldgevoelens te wees oor die land se apartheidsverlede, steeds te bieg en steeds berou te toon, terwyl dié in die bekuldigdebank voel dis geskiedenis van meer as twee dekades gelede. Maroela Media het ook reeds hierdie kwessie onder die loep geneem.

Oor enkele maande is dit immers 22 jaar sedert die laaste apartheidswet afgeskaf is. (Die SABC-TV hou met die mite vol dat die ANC na dit in 1994 aan bewind gekom het apartheid afgeskaf het). Een van die wette wat in die slag gebly het is die wet op rasseklassifikasie, maar op ‘n kwalik bedekte manier het die ANC in effek rasseklasseklassifikasie terug op die wetboek geplaas, en sonder ‘n sonsondergangklousule selfs eens op die horison bepaal ras in hierdie neo-apartheid opnuut die mens se lewe van die wieg tot die graf.

Rondom Menseregtedag het dié deuntjie ‘n tweede vers bygekry – die blankes stel teleur deur nie die bieg en bely verder te voer deur die WVK-geïdentifiseerde slagoffers uit eie sak te kompenseer nie.
Oud-pres. Thabo Mbeki het by geleentheid daarop gewys dat Suid-Afrika soos ‘n huis met twee verdiepings is, met geen trappe in om die twee verdiepings te verbind nie. Op die een vloer woon die armes, en op die ander die welvarendes. Die einste Mbeki wat ook ontken het daar is so baie armoede omdat ‘n “mens dit nie sien nie.” En sy kop het gerol.

Die twee verdiepings bestaan, danksy ‘n kultuur van selfverryking steeds, met Nkandla as die aartssimbool. Trouens, Suid-Afrika het volgens die Wêreldbank die grootste welvaartsgaping ter wêreld, ‘n verskynsel wat politieke sosioloë volgens die model van relatiewe deprivasie as ‘n resep vir revolusie beskou. Die gaping tussen die persepsiegedrewe verwagtinge van die mense en die werklike situasie raak net te groot. Gewelddadige diensleweringsbetogings is ‘n manifestasie hiervan, nie van demokrasie soos die prez in Davos probeer voorgee het en sy beeld verder geskaad het nie.

Die ANC se resep om dié probleem “op te los” is nie om die inhaligheid te staak en die ekonomie te laat werk nie, maar om dit bloot in te kleur, en dan die wit en bruin deel van die bevolking die vark in die verhaal te maak en te probeer slag – by wyse van spreke. Terug na Tim. In ‘n rubriek in Die Burger, skryf hy oor die stryd tussen Cosatu en die ANC. Oor Gwede Mantshe se aanval op Cosatu skryf Tim onder meer soos volg: “Maar hoor net eers wie praat! Wat Mantashe oor verdeeldheid, ondoeltreffendheid en verbrokkelende strukture (in Cosatu) sê, geld 100% vir die ANC. Ál verskil tussen die twee is korrupsie – die ANC is deurtrek daarvan, Cosatu nie. Mantashe, die eens stoere Cosatu-man, was nie daar in Boksburg om Cosatu te gaan ophelp nie. Hy was daar, by wyse van spreke, om ’n man (Vavi) wat probeer opstaan te gaan platskop.” (lees gerus ook hoe Dawie in Die Burger die korrupsie-kwessie in die ANC beskou).

Johann van Eeden, redakteur van Volksblad, skryf oor die gaping tussen die ANC-elite en die voetvolk. Die opskrif, Daar is ‘n land buite Nkandla, spreek boekdele.
Die ANC het probleme in sy huis, maar kom dit nader aan verkiesings word ‘n gemeenskaplike vyand gesoek en aangedurf – en die kleur daarvan is wit. Suid-Afrika bestaan inderdaad uit twee of meer verdiepings, maar ter wille van die eenvoud word drie verdiepings ingespan. Danksy die ANC wat ras lewend hou – onder meer so bevind deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte en in die jongste versoeningsbarometer, is daar ‘n wit, swart en bruin verdieping. As iemand trappe bou, gebruik ‘n ander dit gou vir vuurmaakhout. Baie oorvereenvoudig gestel, op die “wit vloer” word pres. Jacob Zuma as deel van die probleem beskou, en omdat die swart vloer (die ANC) hom as deel van die oplossing beskou, is daar groter verwydering tussen die wit vloer en uiteindelik die regering.

Daar kan nog bladsye vol voorbeelde genoem word – verskillende persepsie oor grondbesit, verskillende persepsies oor moedertaalonderrig, verskillende persepsies oor plaasaanvalle…

Die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal Afrikaanse Republiek was vir die een verdieping noodsaaklik om inhoud aan die Afrika-visie (let wel, swart Afrika-visie soos geblyk het uit die regering se voorkeur na Suid-Afrika uit die vorige wêreldsokkerbekertoernooi geboender is) te gee, terwyl die ander verdieping meen die geld kon tuis veel beter aangewend gewees het om die armoedeprobleem hier te lande aan te speek. Dat Suid-Afrikaanse soldate nou skynbaar invloedloos die hoogste prys daar betaal het, sal die gemoedere nie streel nie.
Die bruin vloer se posisie in die middel herinner aan ‘n platgedrukte toebroodjie. In die era tussen nasionale verkiesings word die lot van bruin mense oor die algemeen dieselfde van as dié van die wit vloer, met miskien ‘n kortkop meer “token”-gevalle om darem iewers ‘n naelstring na “transformasie” te hou. Maar kom dit verkiesingstyd is dit ‘n naarheid hoe die brûe gebou word om stemme te oes.

Word na die jongste samestelling van die ANC se NUK gekyk, is dit egter duidelik dat die oorhoofse denke is dat die noodwendige verlies aan wit en bruin stemme meer as voldoende gekompenseer word deur die verdere konsolidasie van swart stemme. Maar dan moet die land rasgepolariseerd by.
As daar ooit ‘n tyd was dat die NNP-intog destyds in die ANC “om jul stem te wees” hul stilswye moet afskud en werklik hul stemme te laat hoor, is dit nou. Anders sal hulle in die geskiedenisboeke ook bloot as “tokens” afgaan.
Om bloot die rassetamboer te moker is reeds in ‘n gepolariseerde heterogene land gevaarlik, maar om ‘n versie oor die wit gevaar by te skryf is om buskruit in die konkoksie in te meng. Dan beteken die ligte repudiëring van Lawwe Lulu oor haar Calvinistiese wyshede niks, nn lyk haar losbekkigheid meer deel van rasionalisering van die wit gevaar. En word die wortels van welwillendheid wat in al die bevolkingsgroepe teenwoordig is (kyk maar na die positiewe reaksie op die Proteas se reeksoorwinning oor die Pakistani’s op Maroela Media se bakkiesblad) eenvoudig afgesteek.

Tensy die ANC vinnig ‘n handomkeer maak, gaan daar in die post-politiek korrekte era nog baie hieroor geskryf word en die brûe tussen die verdiepings flink vuurgemaak word. En almal op ‘n manier die prys betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Connie Kotzé ·

My geskiedenis onderwyseres het ons in St. 6 geleer dat enige volk wat onderdruk word uiteindelik tot revolusie oorgaan. ‘n Volk wil sy eie vlag, sy eie volkslied, sy trots en geskiedenis kan eer. Suid Afrikaners moes al hierdie dinge inboet. Nou is hierdie nasie boonop deur die ANC regering voëlvry verklaar! Hoe lank voor hierdie stoompot ontplof?

Gawie Botha ·

Die swartmense van Suid Afrika kan nou wragtig niks op hulle eie doen,sonder die hulp van “Witmense”,,,,,as die Witmense” nie gebruik word as n dreigende gevaar,wonder ek hoe sy die ANC teen enige van die ander “Swart poltieke” spanne gevaar het,,,,,,,,,,,,,,,,,die ANC se heilige vure,,het nou uitgebrand,en hulle gryp nou na stooihalms!!!!!!!!!!

Francis daisy janssen ·

Geen wonder ons kinder gaan uit hierdie land uit

HELENA SEABORNE ·

wittes sal altyd di skuld kry vir als. hulle sal sit en kyk hu hulle boeties aanjaag en dit nog steeds op die wittes blame. proudly south african

Anniekie ·

Het dit nie tyd geword dat die harde feite ter tafel gelê word nie:
* Alle Afrika lande waar daar ‘n wit hand was, het vooruitgegaan en ontwikkel op alle terreine
* Afrika lande waar daar nooit ‘n wit hand was nie, het geen vooruitgang getoon nie – wel die teenoorgestelde
* Alle Afrika lande waar die wit hand onttrek, verdryf of uitgemoor is en ‘n swart regering geword het, het die land verval tot en in alle opsigte agteruitgegaan – gekenmerk deur hongersnood, armoede, elende, wetteloosheid en noem maar op
Ten spyte daarvan was die enigste Afrika-land wat apartheid beoefen het Suid-Afrika.
Wat het dan al die agteruitgang, verwoesting en elende veroorsaak in die afrika-lande waar daar geen apartheid was nie?

Willem van den Berg ·

After reading this article we can safely rename the New South Africa as New-Apartheid South Africa.

Jayare ·

Ons moet natuurlik ook onthou dat blanke oorheersing en apartheid in 1652 begin het.

Marlene45 ·

Indien Jan van Riebeeck nie in 1652 in die Kaap geland het nie, sou Afrika nou nog wild gewees het en mekaar sekerlik teen die tyd of uitgemoor en of opgeeët het. Die enigste rede hoekom die blanke apartheid in gestel het is omdat ons ons NIE met die barbare se gebruike kon vereenselwig het nie! Ons voorouers het klere gedra en hulle dra stertriempies. Hulle het uit ‘n beskawing gekom wat nie met Afrika kon vergelyk word nie. Wat het Afrika nog ooit op sy eie voortgebring? Daar was geen teerpaaie vir die Voortrekkers om op te ry nie, hulle het dit self kom bou en vandag verrinneweer die Afrikana’s dit omdat hulle nie weet hoe om dit in stand te hou nie!

Anniekie ·

Marlene jy slaan die spyker so op die kop!!! Dis ondenkbaar dat beskaafde, opgevoede Christene ‘n begeerte sou kon hê om met barbare te meng wat toe, en bykans 400 jr later, steeds in die toordokter en tokkelossie glo! Selfs 4 eeue se sendingwerk onder hulle kon dit nie verander nie!! Boonop het hulle toe al die witmense uitgemoor so goed hulle kon – dus was dit van toe tot nou nie vir ‘n witmens veilig om naby hulle te wees nie.
As hulle wel lank voor ons hier was, kan hulle dit nie bewys dmv vooruitgang nie. Waar is hulle voorouers se grafte? Ek het nog nooit gehoor van gebeentes wat opgegrawe is waar hulle gewoon het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.