Nuuskommentaar: Is skaliegas-ontginning ‘n fracking skande?

Foto: www.oregoncub.comKort op die Marikana-gebeure, en terwyl die Wooliesstorm steeds woed, word die land weer meegevoer deur die kwessie van skaliegas en hidroliese breking. Eiertjies word mildelik gelê, ook deur baie mense wat duidelik nie die vaagste benul het waaroor dit gaan nie.

Volgens een van die voornemende prospekteringsmaatskappye, Shell, sal hul ontginning van skaliegas meer as drie persent tot die land se BNP kan bydra, dus min of meer soveel as wat die landbou bydra.

Aardgas, waaronder skaliegas, is hoofsaaklik metaangas, en die verbranding hiervan is baie skoner as ander fossielbrandtowwe, naamlik steenkool en aardolie.

Die ekonomiese ontginning van skaliegas het eers onlangs moontlik geword toe die tegnologie van horisontale boor ontwikkel is, en dié horisontale tonnels dus lang afstande deur gasdraende rotslae kon begin kronkel het. Die “toevoer” van gas na die tonnels word deur hidrobreking verhoog, waar enorme hoeveelhede water, gemeng met  chemiese konkoksies, teen hoë druk in die gate gepomp word. Hoewel maatskappye die geheime van hul doepas streng bewaak, word literatuur versprei wat daarop aanspraak maak dat dit onder meer kwik en radio-aktiewe stowwe bevat.

Dit is hoofsaaklik vrese dat van hierdie chemiese stowwe in die landbou en munisipaliteite se water kan beland, wat wolke oor die bedryf laat saampak. Ekologiese skade word ook gevrees.

Die tegnologie vir veiliger onttrekking verbeter egter deurlopend, terwyl die owerhede ook kundigheid opbou oor die gewenste veiligheidstandaarde wat gehandhaaf moet word.

Dat die proses in Suid-Afrika veel oper bedryf sal moet word as tot dusver is duidelik so. In die eerste plek is dit noodsaaklik dat die land se burgers nie nog lank vrae het oor moontlike korrupsie nie, soos die geval is met die wapenskandaal wat steeds soos ‘n albatros om die land se nek hang. Tweedens sal maatskappye ook hier hul chemiese mengsels vir toetsing teen skadelike stowwe beskikbaar moet stel.

Beheermaatreëls sal baie deeglik toegepas moet word.

Lees die volledige nuuskommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.