Nuuskommentaar: Mandela, uhuru en die “nag van die lang messe”

Oudpres. Nelson Mandela

Die nuus dat die weermag op hoë gereedheidsgrondslag geplaas is toe oudpresident Nelson Mandela ernstig siek aan sy longkwaal in die hospitaal opgeneem is, was genoeg om gedagtes oor die sogenaamde “nag van die lang messe” by baie afgestof te kry.

Die paraatheidsmaatreëls waaroor Die Burger berig het, sluit in dat soldate sowat tien dae gelede, toe Mandela siek begin word het, op gereedheidsgrondslag geplaas is. Die weermag is op 24 uur bystand, en die lugmag se vlugbemannings is gewaarsku dat hulle hul selfone te alle tye byderhand moet hou. Dat dit met die nag van die lang messe verband hou, is ondenkbaar.

Oor die nag van die lang messe is genoeg weergawes in omloop om etlike dik boeke te skryf. Dit word soms aan Siener van Rensburg toegedig, maar die meeste ernstige skrywers oor die profeet ontken dat hy die herkoms daarvan was.

‘n Weergawe wat telkemale opduik is dat dit gaan gebeur die nag wanneer Mandela sterf. Terwyl sommige mense dit as ‘n absolute gegewe opneem, meen ander dit is ‘n samesweringskafstorie. Maar het die weermag nie nou ‘n mate van geloofwaardigheid aan die storie gegee nie?

Die inhoudelike van die planne is uiteraard uiters geheim geklassifiseer, en dit sou onverantwoordelik wees om te veel oor die inhoudelike en motiewe te probeer aflei.

Wat egter duidelik blyk, is dat die regering ten regte verwag dat daar met die afsterwe van Mandela ‘n groot stroom buitelandse hooggeplaastes verwag word, hoofsaaklik om die begrafnis en die ander seremonies wat daarmee saamhang by te woon. Veral buitelandse staatshoofde en regeringsleiers vereis ‘n baie groot veiligheidsnetwerk, al is dit hoofsaaklik vir protokolredes. ‘n Groot deel hiervan handel oor reëlings vir vlugte en vliegroetes.

Voorts is dit nou stakingseisoen, en stakings in Suid-Afrika is nie uitermate vreedsaam nie. Proteste van allerlei aard, waaronder diensleweringsproteste, vind bykans landswyd plaas. Baie hiervan, waaronder die Wes-Kaapse poefie-oorlog, staan in die konteks van volgende jaar se verkiesing.

Die ekonomie sukkel, werkloosheidsvlakke is hoog, en die inkomstegaping sowel as die loongaping stook ook ‘n klimaat van onvrede. Volgens die Wêreld-ekonomiese Forum het Suid-Afrika die swakste werkgewer-werknemerverhouding onder die lande wat gemeet is.

Boonop neig ontevredenes om in saambindende  blokke van die regerende  ANC vervreem te word. Dit manifesteer onder meer in die momentum wat die Bruin Belangebeweging (BBB) op bou en wat 17 Junie in ‘n rigtinggewende kongres uitloop, terwyl daar voortdurende aksies is om blankes af te stoot, soos die SAL se jongste diskriminerende maatreëls.

Baie van hierdie groepe, hoewel nie noodwendig almal nie, het een gemene deler – ‘n persepsie dat Madiba die groot vredemaker was, wat die grootste versoener van die moderne geskiedenis is, wat vrede en harmonie nagestreef het (en tydens die rugby-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika vir baie ‘n yslike vredesrubicon oorgesteek het en ‘n Springboktrui aangetrek het).

In hierdie euforiese wêreld word die ander weergawe oor landmyne op plaaspaaie en bomme in openbare plekke eenvoudig nie gehoor nie.

Dit is ook ‘n beeld wat skoolleerplanne onverdund oordra, en dit is ook die euforiese beeld wat die buitewêreld het, soos blyk uit die beriggewing oorsee.

Sterf Mandela, is hierdie gemene deler nie meer daar nie. Dit word juis as een van Mandela se grootste flaters gereken dat hy nie toegesien het dat die leiers ná sy uittrede dieselfde beeld kon uitdra nie.

In teendeel, lyk dit of minderheidsvervreemding momentum kry, en dat daar geen erg oor is nie (behalwe wanneer verkiesings aanbreek).

Die vervreemding is meer as net oppervlakkige waarnemings. Peilings, ook onder die jeug, toon inderdaad dat ‘n groeiende kloof ontstaan oor persepsies van rassediskriminasie, waar swart een persepsie het, en wit, bruin en Asiër ‘n ander.

Intussen word gewoeker met die storie nag van die lang messe, en die kuberruim bied ‘n geil teelaarde. Dit word gelykgestel met uhuru, en selfs ubuntu.

Wat staan elke verantwoordelike landsburger te doen? Die eenvoudige antwoord is, nag van die lang messe of nie: Moenie stook nie, wees ordentlik en fatsoenlik, en dit bly onverantwoordelik om in ‘n land waar geweldsmisdaad op baie hoë vlakke is, onnodig blootgestel te wees.

Soos die vier jong meisies, waarskynlik nog op skool, wat ná donker in die mees uitdagende klere wat die Vrystaatse winterkoue duld, voetslaan skynbaar na die  Wilde Boer toe, verby die kol waar die bosslapers snags skuil.

Dit bly Suid- Afrika, met of sonder die nag van die lang messe, en ouers hét ‘n verantwoordelikheid om hul kinders nie onnodig  bloot te stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Is die nag van die lang messe alreeds aan die gang nie Kyk hoeveel mense dood gemaak word?

Etienne Marais

Goed gestel !

andre du toit

Sal maar wag en sien wat gebeur en reg wees

annemarie

Hoe gaan ons weey wat om te doen daai dag as ons by die werk is en in die aand dit gaan mos vir lank so aan bly nie net vir die aand nie baie mense se ons is mal dat ons da an dink en dat dit nie gaan gebeur nie maar ons weet dit gaan waar gan ons veiligheid wees waar gan ons weg kruip

Boerensyroer

Die nag van die lang messe is ‘n NAG 10 teen 1 n baie koue wintersnag, wat verworesting onder blanke volk saai binne n paar ure. Hulle oefen lopies is al klaar gedoen en dit werk. Die slegte wit afrikaner is slegter as sleg want hulle is lekker toe! Ek het n beroep gedoen op BKA en Sunnet Bridges dat alaml hulle support wys deur like te gaan kliek, 10 mense het, dis mal sleg. Die ander weet nie wat om te doen en waantoe nie, dan vra ek myself, wat die hel het jy gedoen van 1994 af tot… Lees meer »