Nuuskommentaar: Steve, die menseregtekommissie en nog plaasmoorde

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is by die Menseregtekommissie aangekla oor iets wat hy tydens die Red October-optog gesê het. Op dieselfde dag as wat dié nuus bekend word, word twee ou mense van in die tagtig op hul Oos-Kaapse plaas keelaf gesny en hul seun ernstig gewond.

En daar is ‘n nexus.

Maar hoe spreek ‘n kommentator hierdie kwessie aan, veral as die Menseregtekommissie sê dat daar nog geen klag ontvang is oor ‘n persoon,  Alfie Phokobye, ʼn produksie-assistent en vloerbestuurder van die televisiekanaal SuperSport nie, wat glo geskryf het hy wens dat hy ook by die Red October byeenkoms kon wees om twee handgranate tussen die skare in te gooi?

Met die subteks wat duidelik die raskwessie aanspreek, en emosies opjaag. Die twee berigte gister wat by verre die meeste leserskommentaar ontlok het, is juis die twee wat oor die plaasmoorde handel en veral die klag teen Steve.

En die agtergrond word verder benouend gemaak deur Julius Malema, deur erg ras-opruiende opmerkings te maak en boonop weer, volgens berigte, die liedjie ”Skiet die Boer” ingesit het wat hom reeds ‘n skuldigbevinding op aanklagte van haatspraak op die lyf laat loop het.

En ‘n redelike dawerende swye (nie net in Engels nie, maar sommer al elf amptelike landstale) van die ANC se onderneming oor haatspraak by die appèlhof na die  ANC teen die skuldigbevinding in die gelykheidshof geappelleer het.

En presies hoe ver van haatspraak af lê die minister van polisie se opmerking dat die veldtog om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar te kry net ‘n publisiteitfoefie?  Die syfers spreek immers hard en duidelik – pro rata word ongeveer drie keer meer boere en hul gesinslede vermoor as Suid-Afrika se gemiddelde moordkoers, en pro rata omtrent dubbel so veel as polisielede wat vermoor word.

Met dié opsommende situasieskets kan die analis besin oor die benadering wat hy gaan volg, wat hom nie ook by die Menseregtekommissie op die rooi tapyt gaan laat beland nie.

Kan oor hierdie onderwerp gewaag word om die rissiepitbenadering van Rhoda Kadalie te volg?

Kan die ontleedmes so skerp en akkuraat, dog effe kru ingespan word soos Ferial Haffajee?

Of veroorsaak die konteks dat die rubriekskrywer se Skandinawiese velkleur vir sy woordkeuses ‘n ingeboude blok aan die been is?

Wanneer die regering sy beleid van rasbegunstiging, of te wel neo-apartheid, regverdig, word nie geaarsel om die raskwessie by die hare in te sleep en growwe veralgemenings te doen nie. Want, so word geargumenteer, amptelike statistiek staaf die sosio-ekonomiese ongelykhede (al is daar al bitter baie uitsonderings).

Maar moet nou net nie sê wie, volgens ras, gewoonlik die slagoffers van plaasmoorde is nie, en nog minder wie gewoonlik, volgens ras die moordenaars is nie. O ja, dit kan nie met amptelike statistieke gestaaf word nie, want afsonderlike statistiek oor plaasaanvalle en plaasmoorde word nie bygehou nie. Die veldtog daarteen is mos net ‘n publisiteitsfoefie.

Môre word uitspraak in die arbeidshof in Kaapstad gelewer in die veelbesproke saak van Solidariteit, namens meestal bruin lede, teen die Departement van Korrektiewe Dienste. Ja, neo-apartheid word ook teen die bruin mense ingespan. Maar volgens die ANC se logika maak dit op die een of ander manier van Solidariteit ‘n rassistiese organisasie. Hierdie uitspraak val saam met ‘n saak wat nou voor die Amerikaanse Supreme Court dien waar twee deelstate, Michigan en Kalifornië se verbod op “affirmative action” by universiteitstoelating getoets word. Vier maande gelede is ‘n saak wat Texas raak effektief op die ys geplaas, en raak dit ook daardie saak, en uiteindelik die hele VSA. Dit lyk of Michigan se verbod die groen lig gaan kry. Nie almal is meer oortuig dat rasongelykheid doeltreffend deur rasdiskriminerende maatreëls aangepreek kan word nie. Die berigte hieroor kan hier en hier gelees word.

Is dit moontlik vir hierdie rubriekskrywer om hierdie onderwerp aan te spreek deur die inspan van die gebruiklike gepoogde matige deurdagtheid van woordkeuses?

Sekerlik ja, maar met soveel inspanning wat veral moeilik kom as ‘n mens se eie mo*rmeter los by die rooi verby opgejaag is – dit terwyl jou oudste seun, ‘n plaasbestuurder en wat op ‘n plaas woon vir ‘n paar dae by sy ouerhuis is enkele weke na ‘n plaasaanval in die omgewing.

Tot die regering die teendeel toon en dit deurgaans bewys, dat hy nie meen dat raskwetsendheid van een kant aanvaarbaar is, maar nie die ander kant nie, lyk dit of daar geen ander keuse is nie – slaan in eie munt terug. Nee, nie op die verkeerde manier deur haatspraak uit te stort en self in die sop te beland nie, maar deur die slagoffers van haatspraak aan te raai om klag op klag te gaan lê teen die aanhitsers van rasse-onmin, of dit nou ‘n minister is wat neerhalend na ‘n veldtog teen plaasaanvalle verwys, of ‘n losbekkige leier van ‘n politieke partye met rassistiese baniere waaroor die party meer as ‘n dag later eers ongelukkig raak. ‘n Leier met ‘n sangtalent wat hom reeds in die sop laat beland het.

Maar dit is ook so, en dit mag nie uit die oog verloor word nie, dat daar steeds ‘n reuse poel van goeie gesindheid oor rasse-grense is. Selfs na die Kliptown-beraad oor versoening, wat die regering eerder aangewend het om verdere raspolarisasie te stig, het van die deelnemers na die beraad aangedui hulle is bemoedig deur die groot poel van welwillendheid wat hulle daar aangetref het. Ongelukkig was hulle meestal nie op die verhoog nie.

Wat behoort ‘n verantwoordelike analis se advies te wees?

–       Ondersteun alles wat keer dat die poel van welwillendheid erodeer word. Of die kontakproses vertikaal is soos ‘n huisvrou en haar huishulp, of horisontaal soos teenoor kolegas, elkeen kan help bou om te voorkom dat nog klein Malemas grootgemaak word.

–       Bly ordentlik, al word dit nie waardeer  nie. Ten spyte van al die kritiek op die Red October-optogte moes selfs die grootste kritici toegee dat dit vreedsaam was – in skerp teenstelling met dienleweringsproteste, voorvalle van vreemdelinghaat wat winkels en staatsgeboue in puin laat, en elke dan en wan lewens eis. Moenie die wag voor die mond so sleg behandel dat hy dros nie.

–       Al is die grondwet nou nie die perfekte dokument wat dit gereeld voorgehou word nie, sorg dat optredes daarbinne bly sodat die regstaat gedwing word om die protesoptredes te erken. Die DA-jeug se protes by Kleinfontein het grootliks momentum verloor omdat Kleinfontein gesorg het dat hulle nie grondwetlik skeef trap nie. Die jeugleier se motivering vir die protes omdat Kleinfontein se bestaan teen die grondwet sou indruis, is deur die “grootmense” in die party self gerepudieer.

–       Bly ferm te midde van ordentlikheid. Lê self klag op klag, elke liewe keer, en verkieslik as deel van ‘n groep met spiere soos AfriForum. Die adres vir die klagtes is [email protected] So sal, as die Menseregtekommissie self deel van die probleem word of bly deur ras-partydig te wees, sy bevindings deur die howe tot orde geroep kan word om ewehandig te wees.

–       Neem dit na die forums van die wêreld. Dit vereis dat suiwer volgens die internasionale reg gehandel moet word, en ordentlikheid koop punte.

Net ‘n gek sal sê dit sal maklik wees om die proses tot ewehandigheid verder te voer, maar enige alternatief tot die regte manier gaan dit net nog moeiliker maak. Die Siriese konflik is ‘n baie goeie voorbeeld van hoe byna onoplosbaar ‘n situasie kan ontwikkel as dit nie vroegtydig aangespreek word nie – en nou, meer as ‘n 100 000 sterftes, en 2 miljoen vlugtelinge later, met onherstelbare skade aan argeologiese bates, en fundamentalisme wat besig is om onder die rebelle die oorhand te kry, is ‘n oplossing nog moeiliker omdat te lank voete gesleep is.

Maklik gaan dit nie wees nie, veral nie in die aanloop tot die verkiesing waar ‘n regerende party se koker, in weerwil van die “Ken jou ANC”-veldtog tog taamlik leeg is, op rassepolarisasie moet terugval om ‘n groot verkiesingsoorwinning te versekernie, en van regeer in algemene belang soos die demokrasie vereis geen sprake van en geen begrip voor bestaan nie. Maar die spreekwoord  van, “meng jou met die semels…” het ook nie uit die besoedelde lug geval nie.

As welwillendheid nie met welwillendheid gegroet word nie, behoort dit niemand te verbaas as Steve se volgende treffer min of meer die volgende woorde bevat nie:

Nou’s my mo*r geroer

Al die kaf waarmee hul die waarheid beloer

En die Menseregtekommissie voer

Het nou behoorlik my mo*r geroer

Dat my reaksie nie verder sloer

My mo*rmeter in die rooi gejaag

So probeer hul alles al afbrekend vervaag

Die volle, reine waarheid wil hul nie hoor

Want wat ek sê klink vir hulle goor

Dan sing ek maar vir hulle oor

van die stukkende skoen

En ‘n koue vrot pampoen…

Lees ook: 
Steve Hofmeyr by Menseregtekommissie aangekla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elize ·

Eers wil ek my se,se oor die 2 Bejaardes wat keel afgesny is gister.Kan n mens daardie swarte n mens noem?Hoe kry hy dit reg om 2 Bejaardes soos n Bok, keel af te sny?
Dan wil die mense regte vir Steve aan klae, hoekom? N Mens is so geskok,n mens het nie woorde nie.Hoeveel Boere wil hulle nog so wreed vermoor,en families in die hartseer laat.?
Hoe kan daar vrede in die land kom,as dit so gaan?.En die Regering doen niks.Dit voel vir my,hulle word aangehits,om die wit mense dood te maak
Steve, kom op vir die Afrikaner.En ek glo,dat hy so voel oor al die Afrikaners..Maar wanneer gaan hierdie harseer stop.?

Amanda Visser ·

Elke dag word boere en ou mense gemoor en gemoor en gemoor! Dit is VOLKSMOORD en is daar al n klag gele by die menseregte kommissie? NEE want die mense is dan DOOD!!!!???

David ·

Herman, jou ontleding en benadering is prysenswaardig. Jou objektiwiteit is vars en jou bereidwilligheid om die oplossing te vind NA die probleem klinies en met vlymskerp deurdagtheid ontbloot is. Van kop tot toon. Soos dit hoort. Welgedaan, ek sal jou gedagtes “quote” in gesprekke voortaan.

cheryl-anne ·

Ag shame, en as malema se kill the boer, dan is dit ok!!! As zuma sy dans sing kill the boer dan is dit ook ok. As die swartes ons op fb aan vat en se die wittes is dit iof dat, dan is dit ook ok!!!, Gaan soek eers zuma en malema op en vat hulle eers aan voordat jy die wittes wil aan vat!!!! Steve lieg nie en ons sal agter hom staan!!! Dis reg SA bou haat op!!!

Hannetjie ·

Die ANC dink hul het die misdaad onder beheer want as jy die probleem ignoreer IS daar mos nie ‘n probleem nie. Ek geen rasis nie Sal nooit een wees nie want lewe is lewe of dit nou swart wit of bruin is. Die land se mense word regeer deur ‘n regering wat blind is vir die bloed wat elke dag vloei.Die trane van pyn is in almal se oe as hul iemand kosbaar aan die dood afstaan waar iemand reken hy of sy het die reg en mag om daardie lewe te beeindig!Ek se altyd niemand is so blind soos die een wat NIE WIL sien nie en niemand is so doof soos die een wat NIE WIL hoor nie . Ongelukiig het ons te doen met ‘n politieke party wat albei is en daarop uit is om hul sogenaamde baie belangrike persone te beskerm al oortree hul die wet van menslikheid!Wanner gaan die ANc ophou partytjiee hou en sien dat die land is besig om in bloed van sy eie mense te verdrink?Apartheid is reeds begrawe en dit wat in die verlede gebeur het het niks te doen wat in die toekoms gaan gebeur nie. Bloed is bloed en dit is aan die hande van die regering wat sy hande in onskuld was.Hul fokus eerder op nie belangrike sake as om te fokus op die werklike probleem, want as jou aandag op iets anders gefokus is,is daar mos nie ‘n probleem nie?Die werklike probleem word maar weer net geignoreer!

Madelaine ·

Sal, iemand Asseblief nou n klag teen die Alfie oumgaan indien?!

Lynette Punt ·

Die moorde op wit boere neem geweldig weekliks toe. Glo die mense dat indien boere vermoor word die grond dan net daar is om te vat. Dit gaan met soveel wreedheid gepaard dat ek nie glo dit gaan net oor diefstal nie.

Mckayline ·

Sover ek weet het Steve geen woord gespraak ook swartes nie, maar na ander etniese groepe verwys. Maar dit lyk my iewers het die opmerking aan ‘n senuwee geraak want as enige iemand oor die waarheid twyfel, gaan kyk na die statistiek oor WIE blanke vroue in SA verkrag.

Herman Toerien, ek is baie beindruk deur jou artikel, dankie vir jou objektiwiteit!

Ferdi ·

Is dit nie maar die geval van , ” As die skoen jou pas , trek hom aan ” Steve het soos Mckayline gese het geen spesifieke ras genoem nie ! Hoekom iets verdedig as jy nie uitgewys is nie !

Errol ·

Hoekom is Julias Malema nie by die Menseregtekommissie aangekla vir sy aandeel by Marikana

Jennie ·

Al die moorde is verskriklik. Mens het nie eintlik woorde daarvoor nie. Ek wonder net of daar nie ‘n manier is, wat vermoorde persone se boedels vrygestel kan word van boedelbelasting nie. Maak maar self die somme en kyk hoeveel boedelbelasting “hulle” in, deur een plaasmoord. Miskien is dit die rede vir al die moorde. Ek vra maar net!!!!!!!

Arnieann ·

Is dit al wat ons gaan doen??? Dit is so duidelik soos daglig dat ons Afrikaners stelselmatig uitgemoor word.
En die feit dat Naspers dit eenvoudig ignoreer, maak hulle nie net medepligtig nie, maar die skuldiges.
Die blote feit dat hulle dit nie raporteer nie, is ‘n duidelikke bewys van hulle absolute medepligtigheid. Die moordenaars weet dat dit ongepubliseer gaan bly, en het dus die samewerking van hierdie mense.
Ons vyand is die media eienaars, en hulle moet aangevat word. Geen ander plan sal werk alvorens daar met hulle afgereken word nie.

Cassie Kruger ·

Ek sal graag wil weet wie die brawe klaer is dat ons bietjie sy gedrag kan naspoor of hy / sy werklik so edel is

White Nation Editor ·

Ek voel jammer vir Steve en Sunette- Ons land het verval in ‘n vakuum nadat wet en orde in 1994 die pad af is. Wanneer goeie regering tot ‘n val kom ontstaan daar ‘n vakuum- en wanneer die vakuum onstaan- kom die kriminele element tot sy volle reg en neem oor as die ” regering.” Ongelukkig het mag en geld ook hulle skadukant- deurdat dit die gewone mens breinspoel om die ewewig tussen reg en verkeerd te verloor- en soos die krimineel- homself oorgee aan mistaste idiologiee. NASPERS is die groot sondebok in die geval wat die bevolking breinspoel deur hulle uittartende wraakaanvalle en demonisering van mense soos Steve en Sonette- juis omrede NASPERS hand-om-die-blaas met die huidige kommunistiese regime loop. lees verder artikels oor alles en nog wat in die grootste groeiende konserwatiewe aanlyn nuusblad: http://www.whitenationnetwork.com/paper/

Groete

Meisie ·

Almal weet wat aan die gang is in ons land, die kwessie is net , niemand mag opelik daaroor praat nie, dan is jy in die sop, ons moet stilbly!!! Wat is ons probleem dan nou??? Verwag hulle regtig dat ons alles nes hulle , onder die mat moet los??? Dit gaan oor die feit dat hulle aan ons wit mense wil wys, hulle vermoor, besteel en verkrag ,,,, omdat hulle kan!!!! Dit maak my siek , as daar mense op tv verskyn , en so vol emosie vir Mandela bedank vir alles wat hy vir SA gedoen het , en dat hy vir ons mense so goeie voorbeeld is!!! Dit is om van te kots!!!!! Het iemand al reguit vir Mandela gevra wat hy dink van die gemors wat in ons land aan die gang is, nee,,, want hy gaan vir hulle mooi vertel dat dit nie is wat hy aan gedink het toe hy VREDE voorgestaan het nie. Ek glo hy het vrede in gedagte gehad vir ALLE Suid Afrikaners, en nie net `n seker groepie nie. Dit is hoog tyd dat die mense wat so wil klippe gooi na Steve, dink voor hulle praat en doen!!!!!!!

Leslie ·

Ek het dit al gesê en sal dit weer sê1
Daar is nie ‘n swart man of vrou wat saans in vrees gaan slaap,dat hulle gedurende die nag verkrag vermoor of beroof gaan word deur ‘n wit man
Daar is nie ‘n swart man of vrou wat in vrees in die strate loop dat hulle beroof gaan word deur ‘n wit person
of gehi-Jack gaan word
n’ wit vrou is eergister keel af gesny by Kei Mouth, ‘n bejaarde man is dood gesiek toe 2 swart mans werk gesoek het by hom
”n maand gelede is ‘n 72 jare vrou in Kei Mouth verkrag, gebrand met ‘n styk yster en toe vermoor
in Amerika word die blankes net so vermoor en hulle is al gat vol so iewers is iets verkeerd
Ons moet now ‘n sterk leier kry iemand wat nie bang is, maar hy sal as ‘n rassis uit gejou word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.