Nuuskommentaar: Watter land het die beste grondwet?

Tydens die landwye toesprake van die Openbare Beskermer maak sy gereeld die stelling dat dit algemeen bekend is dat Suid-Afrika die beste grondwet in die wêreld het.

Maar is dit so? En as dit die beste grondwet is, hoekom wil byna almal, van die ANC tot die mees regse partye, dit gewysig hê? Hoekom is daar gereeld oproepe vir dialoog oor die grondwet, ‘n nuwe Kodesa en selfs ‘n heronderhandelde skikking? En op ‘n meer tegniese noot – as dit so goed is hoe het pres. Jacob Zuma dit reggekry om bykans eensydig en in ‘n hoogs omstrede proses ‘n nuwe hoofregter aan te stel?

Baie van die literatuur, veral uit die Engelssprekende wêreld, noem Suid-Afrika se grondwet inderdaad die beste in die wêreld. Die meeste lof van dié aard kom uit liberale oriëntasie, waaronder regter Ruth Ginsburg van die Amerikaanse Supreme Court. Een van die redes wat baie aangee wat Suid-Afrika se grondwet as die beste beskryf aanvoer, is dat dit die jongste is en dus by die beste voorbeelde soos dié van Indië kon leer. Indië se grondwet word ook baie genoem, en Suid-Afrika se grondwet het inderdaad baie uit die Indiese Handves van Menseregte geput. Wat staatkundige model betref, waar Indië ‘n etniese federasie is, het Suid-Afrika elders kers opgesteek.

Nog grondwette wat as die beste genoem word, is die nuwe Deense, en selfs in eie kringe, die nuwe Fidjiaanse grondwet. Die Duitse grondwet word as baie goed, maar nie heeltemal foutloos nie, beskryf. In hoe ‘n mate ideologie ‘n rol in beoordeling beskou, die opstellers van die Taiwanse presidensiële grondwet, het die Weinmar- grondwet as die beste ter wêreld beskryf. Suid-Afrika se handves van menseregte omvat die regte van die Universele Deklarasie van Minderheidsregte, wat in essensie individuele regte omvat. Die VN se Deklarasie oor die Regte van Persone wat aan Nasionalistiese of Etniese, of Godsdienstige en Taalminderhede is verspreid, verwater en minder dwingend in die res van die grondwet opgeneem. Die mate waarin dit die beoordeling beïnvloed van hoe goed Suid-Afrika se grondwet maak, hang af van ideologiese uitgangspunte.

‘n Goeie grondwet word deur die mense omarm, soos ‘n moeder. Dit moet die burger dus tuis laat voel eerder as vervreem, en dié aspek hang dikwels meer van die toepassing van die grondwet, as die grondwet self af. Regter Ginsburg word nou wyd aangehaal waar sy gesê het dat “if the people don’t care, the best constitution in the world won’t make any difference.”

En so lank as wat die grondwet ondermyn word deur juis diegene in die regering wat ‘n eed afgelê om dit te beskerm en toe te pas, sal baie lede van die publiek ‘n persepsie van ‘n slegte stiefma daarvan hê.

Lees die volledige artikel hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.