Bybel se Adam en Eva dalk nie oorspronklik

apple_tree_orchard_with_poppies_by_aqualumen-d4sd3awTwee Nederlanders stel Vrydag bewyse bekend dat die Bybelse vertelling van Adam en Eva moontlik nie ʼn oorspronklike verhaal is nie. Kleitablette uit die 13de eeu voor Christus vertel ʼn verhaal wat 800 jaar ouer is en anders verloop as dit wat ons in Genesis lees.

Die kleitablette is byna ‘n eeu gelede in Sirië gevind. Die oudtestamentikus Marjo Korpel en emeritus hoogleraar in Semitiese tale, Johannes de Moor van die Protestantse Theologische Universiteit (Groningen en Amsterdam), het vir die eerste keer twee tablette, wat reeds in die 1970’s deels ontsyfer is, saam bestudeer en die verhaal laat ontvou.

In hierdie verhaal speel ‘n god (El), ‘n tuin, ‘n boom en nog ‘n god genaamd Adam, ‘n belangrike rol. Adam en sy vrou het toegang tot die boom. ‘n Ander god, Horon wat baie ooreenkomste met die duiwel toon, wil El onttroon. El straf Horon deur hom uit die vergadering van gode te verban. Horon besluit daarop om homself in ‘n slang te verander en die boom te vergiftig. Wanneer Adam probeer keer, pik die slang hom en Adam verander in ‘n mens. As “troosprys” kan hy kinders hê en op só manier, iets van die onsterflikheid behou.

Die volledige artikel kan hier gelees word.

LET WEL: Maroela Media berig slegs oor die bevindinge van die verslag en onderskryf nie noodwendig die bevindinge daarvan nie. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter van der Dussen Snr ·

In Job 38:4 se die Heilige Gees: Waar was jy toe ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Hierdie aanspraak van die HERE self geld vandag nog vir elke mens, gelowig en ongelowig.

Die ou slang wat genoem word Satan gebruik mense wat hulle as gelowiges voordoen en die ware gelowiges verlei. Die Woord van God leer ons dat alle dinge uit Hom, deur Hom en tot Hom daar is. Maar die slim mens, die gearriveerde mens, die ek-mens wil self soek waar hy vandaan kom. Die sogenaamde wetenskaplikes (weet-mense) word tot byna onbetwisbare wesens verhef. Maar WEET hulle regtig? Die antwoord is ooglopend nee.

Verlede jaar het sterrekundiges ‘n nuwe sonnestelsel ontdek. Dadelik is gese dat die aarde dan nog tagtigmiljoen jaar ouer is as die miljarde wat voorheen MET STELLIGHEID vertel is. In 1965 het die weet-enskaplikes vertel die aarde is beslis 650000 jaar oud. ‘n Skrale vyf jaar later het hulle met sekerheid gese sy ouderdom het letterlik tot sewemiljoen vertiendubbel . Ek meen dat dit nou verby die sewemiljard strek.-:) Al hierdie sogenaamde weet-enskaplike “feite” was en is niks anders as gissings wat op menslike filosofiese denke berus.

Waarom wil die mensdom God as die oorsprong van alle dinge mis=ken eerder as er=ken? Die mens wil steeds so graag selfstandig en onafhanklik wees, net soos Adam en Eva. Die mens probeer daarom al-wys wees, al-wetend en dies meer. Maar die gelowige mens weet dat wat die Heilige Gees in Spreuke 9:10 se, waar is: Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand. In Job 32-37 wys Elihu al duisende jare terug hierdie vermetelheid teenoor die Heiligheid van God uit. En in Job 38-41 spreek God Self tot Job en wys hom herhaaldelik tereg. In Job 38 wys die HERE op die vermetelheid van die waanwyse mens ten opsigte van die skeppingswerk en die instandhouding daarvan. In Job 39 wys die HERE op die mens se onvermoe om in sy sondestaat oor die gediertes en voels te heers. En dan kom Job 41 en 42 waarin die HERE vir Job in besonderhede aantoon hoe vermetel Job in sy oordenkinge en spreke was deur die Alvermoe van die Enige en Waaragtige God te bevraagteken. En Job luister en erken in Job 42:6: Daarom herroep ek en het berou in sak en as.

Ware gelowiges en trouens elke mens moet die sogenaamde wetenskaplikes uitken vir wat hulle werklik is – uitdinkers en navolgens van allerlei teoriee, menslike bedenksels om die skeppingswaarheid van die Hoogheilige God Drieenig te probeer onwaar bewys. Laat ons as gelowiges eerder die oog op die toekoms rig na die herstel van die volmaaktheid van die skepping wat deur die sondeval omvergegooi is maar deur die tweede Adam weer herstel sal word, soos Hy dit in Openbaring 17-22 aan ons meedeel. Laat gelowiges aan Hebreers 11:1 vashou waar die Heilige Gees se: Die geloof dan is ‘n vaste vertroue in die dinge wat onss hoop, ‘N BEWYS VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE.

Ria Maritz ·

Baie dankie vir jou pragtige skrywe – let ook daarop, meeste van hierdie hoogsgeleerdes is ook ateiste. Dit het ek al male sonder tal agtergekom.

Ek verwerp hierdie aantyging van hulle met die minagting wat dit verdien !

Shannon ·

Moet Herman Toerien nie nou gestenig word nie ?! Hy fasiliteer mos laster ?
Die klei tablette moet onmiddellik vergruis word en die hoog leraars moet op die brand stapel veras word. `n Gat moet gegrawe word waar die tablette gevind was en gevul word met warm teer.
Alle godsdienstige individue wie bloot gestel was aan hierdie inligting – wat duidelik deur Nick se agente versprei word – moet geestelike berading ontvang sodat hul institusionele breinspoeling toestand herstel kan word tot op so vlak dat hul weer met oortuiging kan sê “Jona is deur `n vis ingesluk” en “`n Slang kan praat” Volhard met selektiewe blindheid broers en susters.

Moet nooit vra waarom die almagtige pasgebore babatjies laat besny nie. Anders sal julle nes ek verewig wonder wat Michelangelo nou eintlik bedoel het toe hy die simboliese naeltjie op Adam se pens geverf het in sy ‘Adam & God’ fresko.

Hennie van der Merwe ·

Maroela Media! Julle kan gerus julle stelling dat julle nie “noodwendig” die berig onderskryf nie, vervang met “gladnie”! Dit sal meer toepaslik wees in hierdie geval!

Herman ·

Ek het ‘n groot belangstelling in Argeologie, en het self Bybelse argeologie en geomorfologie op universteit geneem. Voor ek hierdie artikel ingestuur het het ek dit aan ‘n baie bekende teoloog gestuur, wat al self in Israel argeologiese opgrawings gedoen het. Hier is sy antwoord: Hierdie artikel is vir my baie interessant en ek sal baie graag die meer volledige vertaling van die tablet wil lees. Onder Semitici en Ou Testamentici is verskillende skeppingsverhale uit die Ou Nabye Ooste reeds omtrent 200jr lank bekend, maar hierdie een klink veel nader as die ander. Hoewel ek nie dink dat ‘n mens ‘n direkte literêre afhanklikheid tussen die verskillende tekste moet veronderstel nie, dui dit tog op verwante/afhanklike mondelinge tradisies wat in daardie wêreld in omloop was, en ook op die besondere manier waarop die Bybelskrywers die algemene tradisies ‘n eie karakter gegee het in lyn met die belydenis van oud-Israel.

In teologiese kringe is daar min twyfel dat die eerste skeppingsverhaal in die Bybel (Genesis 2) uit die tydperk van Dawid en Salomo dateer, en dat die tweede skeppingsverhaal (Genesis 1) uit die tyd van die Babiloniese Ballingskap dateerl. Die kleitablette hier ter sprake is sowat 800 jaar ouer as die oudste Bybelse skeppingsverhaal. Die datering van die Bybelse skeppingsverhale kom nie uit die natuurwetenskappe nie, maar uit die teologie self. Dit is weer versoen met bealngrike vverse soos Psalm 90:40 en 2 Petrus 3: 8.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.