Internasionale Persvryheidsdag

Argieffoto

Argieffoto

Dit is môre, 3 Mei, internasionale persvryheidsdag.

Volgens Verslaggewers Sonder Grense is daar reeds 16 joernaliste in die uitvoering van hul werk dood, asook 9 internet- en “burgerlike” joernaliste. Altesaam 164 joernaliste is wêreldwyd agter tralies, en omtrent net soveel bloggers en ander internetjoernaliste.

Suid-Afrika beklee nou die 42ste plek op Verslaggewers onder Grense se persveryhidsindeks, nadat die land verlede jaar nog in die 52ste plek was. Die verbeterde uitslag is hoofsaaklik aan ‘n misverstand te wyte – die plasing is gedoen juis toe pres. Zuma die snoerwet vir sekere tegniese regstellings na die parlement terugverwys het. Volgens Verslaggewers Sonder Grense se eie dokumentasie het SA se posisie verbeter “omdat die president geweier het om dit te teken.”

Dit kan dus aanvaar word dat wanneer Zuma dit onderteken, dit groot ontsteltenis gaan veroorsaak, en SA kan dan aan die begin van 2015 weer ‘n nare daling te wagte kan wees.

Net ter agtergrond, in 2003 het SA nog die 21ste plek beklee, en was die mees persvrye land in Afrika. Sedertdien was dit meestal kreeftegang terwyl ander Afrikalande, veral Namibië, nou beter as Suid-Afrika vaar.

Die bevindings word min of meer ook weerspieël is die beoordeling van Freedom House waar Suid-Afrika tot gedeeltelike persvrye land afgegradeer is.

Maar hoe het dit in die aanloop tot die verkiesing gegaan?

Daar was twiste en stryd oor advertensies wat verbied is, daar was ‘n joernalis wie se selfoon deur ‘n lid van Zuma se BBP-eenheid afgevat is om ‘n foto te verwyder wat glo getoon het hoe ‘n staatsvoertuig misbruik word om T-hemde na ‘n ANC-saamtrek aan te ry wat deur Zuma toegespreek is.

Daar is beskuldigings dat advertensies van staatsdepartemente en ander instellings vir die rekening van die belastingbetaler, en ten bate van die ANC uitgesaai is (en gepubliseer is).

Daar is advertensieborde in ANC-kleure, maak waarvoor die belastingbetaler ook groot bedrae hoes.

Om enkeles te noem.

En sou dit waar wees, soos heelwat mense beweer dat die SAUK, veral die TV, eintlik die ANC bevoordeel het met die verkiesing, dan ontstaan die vraag of die verkiesing benewens vry, ook nog regverdig was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.