[Meeste gelees] Top 10 nuuskommentaar-rubrieke van 2015

Foto ter illustrasie van die nuuskommentaar. Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Foto ter illustrasie van die nuuskommentaar. Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Lees Herman Toerien se top tien nuuskommentaarrubrieke wat in 2015 op Maroela Media verskyn het. Toerien is ʼn vryskutskrywer van Bloemfontein met ʼn honneursgraad in politieke wetenskap. Artikels uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

  1. Nuuskommentaar: KKNK se nag van lang messe – Wanneer die KKNK-ringkoppe die kunste wil reguleer om die opwelling van rassisme hok te slaan, is die blote klap na simptome (aan die een kant) ’n baie oppervlakkige manier van doen, skryf Herman Toerien.
  1. Nuuskommentaar: Trekpas vir Zuma om SA te red – Die gesiene ekonoom Dawie Roodt se stelling dat die vinnigste manier waarop Suid-Afrika uit die kake van rommelstatus kan ontsnap is om pres. Jacob Zuma te vervang, bereik die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry nou ’n nuwe vlak van noodsaak en gesofistikeerdheid.
  1. Nuuskommentaar: Dis nie omkopery, dis net rassisme – Hoe meer die minister van sport ’n edel beeld van die regering se optrede in die beweerde Fifa-omkoopskandaal probeer voorhou, hoe dieper dompel hy die regering in die probleme en hoe meer beledig voel belastingbetalers dat hul intelligensie onderskat word.
  1. Nuuskommentaar: IS en die einde van die wêreld – Eindtydprofesieë, of eerder oorlewerings en die oprigting van die sogenaamde tweede kalifaat speel ’n belangrike rol in die motivering vir die bestaan van die IS en sy wrede terreurdade.
  1. Nuuskommentaar: Plaasmoorde: Regering skuld ons ’n GROOT verskoning – Die optrede van die Suid-Afrikaanse diplomatieke missie by die VN in Genève, deur ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking tot rassiste en “hunkerend na apartheid” te verklaar omdat hulle sterker optrede teen plaasmoorde verlang, is so skandalig dat gevra moet word of hulle bloot daarmee moet wegkom.
  1. Nuuskommentaar: Treurig oor Treurgrond-twis – ‘n Bitter twis het uitgebreek oor iets waaroor alle Suid-Afrikaners eendragtig saam behoort te staan: plaasmoorde. Dit is ’n ideologiese stryd waarin die rolprent, ‘Treurgrond’ en die feit dat Steve Hofmeyr die hoofrol vertolk, as slaansak gebruik word.
  1. Nuuskommentaar: As twakpratery ’n siekte was, was Zuma lankal dood – Pres. Jacob Zuma is bekend vir sy wilde uitsprake wat vir hom en die land groot skade berokken … én dat hy niks in die proses leer nie. Die naweek het hy weer sy voet vierkant daarin gesit, maar anders as net ontstellend of lagwekkend, dra die jongste wilde perde ook die kieme van groot gevaar.
  1. Nuuskommentaar: Zuma maak weer Van Riebeeck en Kie. die sondaars – Pres. Jacob Zuma het te lekker gelag vir sy eie “spitsvondigheid” toe hy op Afrikadag gesê het Afrikane het in vrede saamgeleef en baie pret gehad voordat “die ander” opgedaag het. Maar strook dié stelling met die werklikheid? Herman Toerien het in die Afrikageskiedenis gaan delf.
  1. Nuuskommentaar: Wreed, wreder, Suid-Afrika? – Die wreedheid van ’n onlangse plaasmoord maak weer opslae. Maar pleeg hierdie wrede misdadigers nie nog ’n misdaad deur ons die voorreg te ontneem van ’n regstelsel wat ’n beskaafde samelewing verdien nie?
  1. Nuuskommentaar: ANC gebruik weer vuil rassetruuk – Die ANC het weke voor sy hoofraadsberaad besluit die oorsake vir die onaangenaamhede wat die ANC se bewind kenmerk, word deur wit mense uitgebuit word om te toon swart mense kan nie regeer nie. Maar is dit so eenvoudig?

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ELMARIE ·

Ek sou graag wou weet of Zuma weet dat n groot gedeelte vd land van hom wil ontslae raak. Lees hy ooit enige kommentaar of opinies of word dit ook afgelag soos die Nkandla debakel? Bereik die gevoel van SA burgers hom? Tot dusver lyk dit nie juis asof dit hom enigsins bekommer nie, dis nou AS enige iets hom nog kan bekommer of pla??

Rynhardt ·

Die volgende rubrieke wat in 2016 opslae gaan maak, glo ek gaan die volgende wees:1)Moleste van studente in SA neem toe,2) Rand verloor nog meer sy waarde teenoor dollar terwyl druk teen Zuma en Anc toeneem,3)Meer moleste tussen engelse en moslems,4) Groot moleste oor Europa!,5) Zuma se verdwyning van toneel en EFF wys sy ware kleure,6)Rusland begin moles maak! SA word deur nog stygende voedsel-en kragpryse getref!,7) DA kry nie al sy munisipaliteite waarop hy gehoop het nie.n Paar voorbeelde wat groot opslae te maak in dagblaaie en op Maroela media.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.