Nuuskommentaar: “♪Daar is ’n gat in die emmer, liewe Cyril, liewe Cyril, daar is ’n gat …”

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

’n Eenvoudige en effens verspotte liedjie wat met vele aanpassings van die sestiende-eeuse Duitsland dateer, en wat oor ’n gat in die emmer handel, hou meer lesse vir ons nuwe situasie in as wat ons dink. Dit skets ’n situasie waar ’n dooiepunt bereik is, wat dreig om die Cyril-randjie wat nou ons donker wolk glansryk omgeef, uit te doof.

Daar steek iets meer in hierdie skynbaar sinnelose liedjie, “There is a hole in the bucket, dear Liza …” as wat ’n mens dink.

Die liedjie het skynbaar sy vroeëre beslag in 1700 in die teenswoordige Duitsland gekry. Dit het in verskeie tale gaan draai, en het eers betreklik onlangs sy bestaande vorm gekry. Regdeur het dit die betekenis gehad van ’n dooiepunt wat ontstaan.

Aan die einde van die liedjie moet “Henry” water oor ’n klip gooi om ’n byl mee skerp te maak om die emmer mee heel te maak. Maar die emmer het ’n gat in.

Sulke situasies kan dodelike erns hê, en die ANC se onlangs aangenome beleid dat grond sonder vergoeding onteien kan word, staan hier soos ’n seer duim uit. Die rubriekskrywer, Max du Preez, het selfs geskryf as so iets eendag werklikheid word, verlaat hy die land, want dan stort die ekonomie heeltemal in duie.

Ramaphosa was tot die Desember-kongres van die ANC gekant teen so ’n verandering, anders as sy teenstander, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat haar gewese man se voortydige omarming hiervan ook ondersteun het.

Ramaphosa ondersteun dit nou ook, maar met voorbehoude soos dat voedselsekuriteit en die ekonomie nie in die gedrang mag kom nie. Omdat dit praktyk is om produksiekapitaal teen die eiendomswaarde te leen, is dit moeilik om te sien hoe so iets moontlik is. ’n Bietjie meer lig op die onderwerp tydens die staatsrede sou dus welkom wees, want soos sake nou staan, stuur dit op ’n spanning tussen belangegroepe van “epidermiese” proporsies af, en daardie lyn loop, soos dikwels in Suid-Afrika, langs rasselyne. Dit was juis opvallend hoe ’n groot applous Ramaphosa hieroor tydens sy staatsrede gekry het.

Die kwessie is uiteraard nie heeltemal nuut nie. In ’n vroeëre, verwante aangeleentheid het van die ministers deeglik konteks verskaf oor die onteiening van grond met die wegval van die beginsel van vrywillige koper, vrywillige verkoper. Dit het ingesluit soos byvoorbeeld te groot grond wat daarom nie ten volle benut word nie.

Meer onlangs is uit ANC-geledere beweer dat heelparty boere grond gratis maar onwettig bekom het deur bedrog in die aktekantoor. Dit sou ’n goeie voorbeeld wees van onteiening sonder vergoeding. Mense wat grond gekoop het met die opbrengs van misdadige aktiwiteite sal waarskynlik sonder wysiging van artikel 25 van die Grondwet hul grond kwyt kan wees. Dit sluit stedelike eiendom in.

Agri SA som dit mooi op ná die staatsrede grootliks geloof is:The National Constitution demands of all of us to build a united and non-racial society and to nurture the talent and honour the contribution of all our people. South Africa remains a highly divided nation and it is through honouring the dignity of every South African, inclusivity and mutual respect that this divide can be bridged.

“However, Agri SA is highly concerned with the contradictory statements related to acknowledging agriculture as the biggest contributor the past quarters in terms of economic growth and job creation, whilst in the same breath calling for the expropriation of land without compensation. Not only does it subvert the letter and spirit of Section 25 of our National Constitution, but it also entrenches the perception that the governing party has no regard for the founding principles of our newly founded democracy.

“The question also remains: From whom will land be expropriated and to whom will it be given? Such populist statements will do more harm than good and contradicts the underlying theme of the State of the Nation Address to grow the sector through investment to unleash its fullest potential.

“Agri SA therefore appeals to the President to rather desist from such populist rhetoric and to engage with the commercial agricultural industry to find amicable solutions to the land question.”

(Geen Afrikaanse teks met die skryf hiervan nog beskikbaar nie. Maroela Media het wél ’n Afrikaanse berig hieroor geskryf en geplaas. Uit die leserskommentare blyk groot kommer, hoewel enkeles voel mense moet ontspan omdat die president gemeld het dat werkgroepe dit onder die loep gaan neem.)

’n Groot probleem is dat verreweg die meeste swart mense glo dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Volgens die meestersverhandeling van die Matie, Charl Swart, was dit 85% en die persentasie het toegeneem. Oudpres. Jacob Zuma is ook telkemale by die Menseregtekommissie van haatspraak verkla omdat hy gereeld die stelling gemaak het dat wit mense hul grond by swart mense gesteel het. ’n Geskiedenisles hieroor in die parlement deur die destyds Vryheidsfront Plus-leier, dr. Pieter Mulder, het woede van swart LP’s ontlok, en ook Zuma het gal daaroor gebraak.

In die proses bly die werklike oorspronklike inwoners van die land, die San, en die afgelope sowat 4 000 jaar, die KhoiSan, erg aan die agterspeen suig. Die TLU-SA het selfs sover gegaan om ’n beloning van R100 000 uit te loof vir die persoon wat ’n grondeienaar aan die man kan bring wat sy grond gesteel het (en is hieroor ook taamlik wyd verkwalik).

Die huidige toedrag van sake skep die volgende probleme:

  • Die werklikheid is dat iemand eerder op sy persepsie van die werklikheid, as op die werklikheid reageer. Solank die meerderheid glo wit grond is gesteel, so lank sal daar wrywing wees. Om minder rasbehep te wees, is eintlik maar die enigste oplossing, maar dit is duidelik dat die ANC nog ver staan van sy beloftes in hierdie verband. Lees gerus die Afrikaanse woorde van John Knox Bokwe (15 Maart 1855 – 22 Februarie 1922) se bekende “Plea for Africa”. Die Afrikaanse woorde van “Pleidooi vir Afrika” is geskryf deur Bouwer van Rooyen. Dit vat die versoeningsboodskap onoortreflik vas. Die Afrikaanse weergawe kan hier gehoor word.
  • Die tweede is dat dit tussengroepspanning opjaag, juis in ’n tyd dat ongekende potensiaal bestaan om rassepolitiek te laat ontspan. Lees gerus die jongste rubriek, Oom Herrie se kerrie,
  • Derdens slaan post-traumatiese euforie baie hard ná ’n tydperk van euforie. Ná die groot sokker het mense ontdek misdaad is steeds hoog, moeilikheid met die Ontvanger het nie verdwyn nie, korrupsie het eerder in die aanloop tot die toernooi ’n hupstoot gekry met al die tenders wat rondgehang het, plaasaanvalle neem steeds toe … Terwyl baie nou baai in die euforie, is dit nie ’n luukse wat ’n aktualiteitspraktisyn kan bekostig nie en vind daar byvoorbeeld nou skrikwekkend baie plaasaanvalle plaas, terwyl die wreedheidsgraad skynbaar bietjie opgedraai is.
  • Ten slotte is dit nie so maklik om grond sonder vergoeding te onteien nie. Benewens artikel 25 van die Grondwet (en dus ook die handves van menseregte) wat met ’n spesiale meerderheid gewysig sal moet word, sal Suid-Afrika die sanksies wat spruitend uit geratifiseerde internasionale verdrae dieselfde bepaal die hoof moet bied. Dis nie ’n eenvoudige stap om uit ’n verdrag te stap wat geteken en geratifiseer is nie, veral as iets wat die grootste deel van die mensdom as ’n sleutelbelangrike mensereg beskou, ter sprake kom. Dit sal ook gesinchroniseer moet word met ander regte en wetgewing wat diefstal strafbaar maak, wat weer gaan skouer skuur met die Grondwet se verbod om onbillike diskriminasie.

Maak liewer die gat in die emmer reg – en nie met ’n strooitjie soos wat die liedjie van oudsher dit wil hê nie. ’n Latere platteduits-Amerikaaanse weergawe bewoord dit eintlik mooi: Wann der Tschock a wer en Loch hot? Dummer Ding, dann schtopp’n zu!” (As die emmer ’n gat in het, dom ding, dan stop jy dit.) Ons moenie nou dom dinge wees nie.

Vir sekere media om die kwessie nou te verswyg ten einde die euforie bloots te ry, is gewoon swak joernalistiek en onverantwoordelik. Post-euforiese trauma is dikwels baie erg en veel minder gewens as objektiwiteit.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Daan ·

Ek weer nie hoekom almal n bohaai maak oor die grond nie plase wat nie bewerk word nie gaan gevat word asook die tradisionele leiers wat duisende hektare onbewerkte plase het geen boer wit of swart wat sy plaas produktief hou hoef te vrees nie .Ek wonder of almal bewus is van koning Goodwill se duisende hektare in kwazulu natal is wat nie produktief is nie .

Komaan DAAN ·

Ek kan nie glo dat blankes nog so naief is nie? Kyk na die verlede, watter plase is aan die opkomende boere toegeken? BAIE suksesvolle hoenderplase, baie suksesvolle varkplase en plase met fantastiese sitrusbome wat miljoene ‘n jaar vir SA ingebring het. HET die staat ENIGE onbewerkte plase al vir die opkomende boere gegee? Het hulle al enige STAATSGROND vir opkomende boere gegee? My liewe mens, dit is JUIS die plase waarop daar iets AANGAAN wat sonder vergoeding geneem gaan word. Ja ons is bewus van Koning Goodwill se duisende hektare – en as jy nuus geluister het sou jy agtergekom het hulle het gese hulle wil die TRUST ontbind wat dit bestuur en dat hy 30% van daardie grond moet AFGEE, hy het gese hy sal dit met sy LEWE beveg, so ek neem aan daardie 30% gaan jy maar kan vergeet van. GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING, niemand sal omgee as onbewerkte plase onteien word nie, want daar word mos nie geld daaruit gegenereer nie .. dis JUIS die plase wat geld genereer. DAAN jy moet wakker word jong .. hoop nie jy sit op ‘n BEWERKTE plaas nie. Want nerens staan daar die staat gaan die nuwe boere help om die onbewerkte plase te BEWERK nie, en waar gaan ‘n persoon wat in ‘n plakkerkamp bly geld kry om dit te bewerk??

Gerhard ·

Lyk my jy verstaan nie hoe werk regstellende aksie nie. Het niks met hoe goed, bevoeg of hardwerkend jy is te doen nie, net jou velkleur.

christa ·

Hoe goed CR ookal klink, ek wil liewe aan die veilige kant wees en staan by Vryheidfont. Wie ook al aan bewind is van ANC, hulle bly ‘n vergrype nasie

Piet ·

christa ek stem saam. Ons kan hierdie man nie vertrou nie.

In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.

Casper Labuschagne ·

Cyril Ramaphose se taak is nie om die grond te vat nie, nie skole geheel te verengels nie, of om die gesondheidstelsel ten volle te nasionaliseer of onder grootskaalse staatsbeheer te plaas nie en hy sal ook nie die komende minimumloon buitensporig hoog te maak nie. Ramaphosa is wel die leier met die spesifieke taak om al daardie wette in plek te stel. Hy is die spreekwoordelike Judasbok wat die wittes positief sal motiveer en hulle gedwee sal lei tot op die drumpel van ‘n kommunistiese bedeling. Dit is die een wat na Ramaphosa kom wat die laksman sal wees.

WG ·

Die probleem is nog veel erger. Eiendom is nie beperk tot grond nie. Hierdie wetgewing gaan gebruik word om alles van ons te stroop. Ons moet uit hierdie staat kom, hetsy deur sesessie (langs die grense van die ou Kaap kolonie sal die eenvoudigste wees) of immigrasie.

C.W.S ·

Ek is positief….!!!!! Kyk maar na elke berig oor enige onderwerp wie gooi met negatiewe beledigings en skeltaal….

marous ·

Hoop hulle vat sy stukkie grond eerste en weier om sy emmigrasie aansoek te verwerk , sodat hy onder ‘n brug moet bly , want dit is presies waarvoor hy so hard baklei het…

Werner ·

Piet Retief was ook positief toe hy met Dingane gaan onderhandel het dit het hom niks gehelp nie hy moes maar eerder na die regdenkende realistiese mense geluister het in 180 jaar later het niks verander hulle gaan die grond vat

Casper Labuschagne ·

Piet Retief was inderdaad so positief dat hy in die geheel met Dingaan se ontwapeningsvoorstel saamgestem het en die gewere en ander wapens buite die kraal gelos het. Hy het die getekende traktaat opgehou as ‘n dokument van Dingaan se bereidwilligheid om vir al die Voortrekkers hul eie plekkie in die son te verseker en met groot sorg in sy knapsak bewaar. Daarby was hy as geërde gas van die Zoeloekoning sekerlik ook hoogs beïndruk met die vertoon van kulturele krygsdanse deur Dingaan se impis, en het hy positief gebly tot amper op die heel einde toe.

Natascha ·

CR moet net onthou hy self besit heelwat plase. Gaan dit op hom ook van toepassing wees????

Casper Labuschagne ·

Interessant. As dit werklik oor historiese regstelling gaan, gaan die grond wat tydens die oorloë van die 1860’s deur die Vrystaat onder Presidente Boshoff en Brand van die Basoetoenasie oorwin is ook nou aan Lesotho teruggegee word? Die Basoetoegrond het sowat 30km oos van Bloemfontein begin (insluitende Tha-Banchu), suid-oos van Lindley, Reitz en Warden in die Vrystaat, suidwes van Ladysmith in Natal insluitende die hele strook tussen die Oranje en Caledon riviere en weer Noord van Jamestown en Maclear in die Ooskaap. As dit bloot oor historiese regstelling gaan, dan sou hierdie tog ‘n goeie begin wees?

Maar my vermoede is dat die werklike doeleinde nie werklik historiese regstelling is nie, maar bloot net selfverryking van die swart elite, en die bewyse kon ons wel duidelik sien omdat die historiese regstelling hierbo nie eens oorweeg word nie.

Vermeende ·

Herman, CR is nie n self gemaakte miljoener nie maar n suksesvolle BEE opertunis. Zuma weet was daar net vir homself. Cyril was deel van die kongres wat die beleid bepaal en veral grondonteiening. As hy so erg teen grondonteiening was hoekom het hy dan die nomunasie aanvaar vir persident, was mag, aansien en geld die motief?
Zim moet ons leermeester wees, 20jaar na grond onteien is, is daar geen sprake om die grond terug te gee nie en tog stroom die geld en beleggers nou in. Onteiening word nou vergoed en die skelms word nou beloon met n nuwe ryker toekoms. Zim het ook wette gehad om privaat eiendomsreg te beskerm maar Afrika doen dinge anders as Europa. Hier by ons sal dit ook so wees want Afrika roep net die wet nader as hy die voordeel trek maar die oonblik as hy aan die verkeerde kant staan dan hang hy n groot vraagteken oor die wette.

Chimone ·

1. Geen probleem Max. Waai asb. Ons gaan jou nie mis nie.
2. Ramaphosa se nou geen vergoeding vir grond… ma voedselpridusering moet nie beinvloed word nie. Was dit net ek wat gesien het hoe julle “Land affairs” land uitgee vir sogenaamde opkomense boere? En toe…wees gou eerlik Rami… eks seker jyt die kennis. As jy nie het nie…laat my weet…ek skryf graag die nagevolge vir Suid Afrika in die vorm van die waarheid neer. Ja…jy weet daai ding wat julle nie ken nie.
4. Kom nou Rami…wees eerlik oor hoekom julle nou nie die myne wil nasionaliseer nie. Of soek jy dit in byvoeging saam die res van die aanbieding van wat presies almal moet weet?

lizl ·

Vat die liedjie my terug na my kinderjare… my bynaam was by my pa was Liza, en hy het altyd die liedjie vir my gesing. Om terug te keer na die onderwerp… Die enigste een wat met passie die saak aangevat het was Lekota van COPE. Ons witmense kom mos met `n eksuus ek leef houding daar aan. Hy was uitgejou en uitgelag en nie terug gestaan. As ons mense maar net so `n houding kan inslaan. Maar nee… nou sal `n swart man dit vir ons kom doen. Dankie Lekota !!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.