Nuuskommentaar: 2015 in oënskou: Deel 2 – die aanslag teen Afrikaans

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas, NWU

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas, NWU

Reeds met die aanvang van die #FeesMustFall-veldtog het Maroela en ander gemaan dat dit goed en wel is om opgewonde te wees oor die impak van hierdie verset, maar dat dit met ’n prys kom – spreker op spreker by betogings het dit duidelik gemaak dat dit ook ander veldtogte ondersteun soos Open Stellenbosch, en dus ook die aanslag teen Afrikaans ondervang.

Dié boodskap is grootliks geïgnoreer tot die abortiewe taalplan van die Matie-rektor en sy bestuurspan half uit die bloute aangekondig is. Daarvolgens, in kort, sou Engels die verstektaal op die US word.

Dit het saamgeval met nuwe taalplanne vir die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit (kortweg Pukke hier genoem) en by die UV. Uiteindelik was die aandag grootoog gerig op wat die onderskeie universiteitsrade daarmee sou doen.

Ook by Tukkies was ’n hik of wat, soos dat die administrasie nie Afrikaanse vorms wou aanvaar nie, tot die rektor die saak beredder het.

Ons gaan haal die storie van 2015 oor Afrikaans egter eers ’n entjie verder terug. Die stryd om Afrikaans het nie net op universiteite en ander tersiêre instellings soos Elsenburg- en Middelburg-landboukolleges gewoed, of by skole veral in Gauteng met ’n breedsprakige LUR aan die spits nie.

So byna-byna het die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) ’n dramatiese nuwe taalplan op sy webwerf aangekondig sonder dat daar ’n rimpeling was. Kortom, Sansa wil die Taalwet benut om Afrikaans uit die grondwet te steel. Volgens dié instansie se planne wil dit Engels, Zoeloe en Noord-Sotho as die amptelike tale vir gebruik en kommunikasie aanwend, en so by geleentheid aalmoese na ander tale uitgooi. Maroela het die aankondiging egter gesien en daaroor berig en kommentaar gelewer, waarop ’n rits Afrikaanse kultuurinstellings met voorleggings voor die spertyd vir kommentaar wat reeds op hande was, en mediaverklarings gereageer het.

Rapport het onder die grootliks swygende Afrikaanse gedrukte pers met reaksie uitgestaan.

Dit het gou geblyk dat Sansa, soos ander agentskappe van die departement van wetenskap en tegnologie, effektief onder instruksie van minister Naledi Pandor opgetree het. Tog het die opposisiepartye wat jaarliks rapporte aan die kabinet toeken, Pandor nie hiervoor gestraf nie.

Alana Bailey, adjunkhoof van AfriForum, wys daarop dat ook ander instellings soos die nasionale onderwysdepartement, die Inkomstediens en die WNNR die voorbeeld gevolg het.

Wat Sansa se besluit veral onverkwiklik maak, is dat Afrikaans die enigste taal in Afrika is wat oor ʼn volledige stel ruimtetegnologie en ’n ruimtewoordeboek beskik.
Dit is egter nie net van owerheidswese dat Afrikaans gesylyn word nie. Alle kennisgewingborde en ander padpredikante by vanjaar se Bloemskou, in die hartjie van die Vrystaat, was byvoorbeeld in Engels, spel- en taalfoute kompleet. So ver bekend het nie ’n enkele briefskrywer aan Volksblad beswaar gemaak of enigsins hieroor kommentaar gelewer nie.

Is die handdoek bloot ingewerp, of is die omvang van eietydse Wênderbaails groter as wat ‘n mens sou dink? Die omvang van die steun wat die Solidariteit Beweging se Plan B kry, en die tempo waarteen AfriForum groei skep egter die teenoorgestelde indruk.

Hoekom moet die leiers vir ’n saak veg as die mense daaroor vere voel?

Onlangs het die foutiewe argument dat elf amptelike tale onprakties is en dat daarom op Engels gefokus word weer opgeduik (onder meer in die debat oor die US se taalbeleid). Slegs Engelse borde word gebruik “omdat dit onprakties is om al elf amptelike tale daarop aan te bring.”

Die einste grondwet maak egter voorsiening dat elke provinsie ’n aantal tale uit die “groslys” as amptelike tale vir daardie provinsie kan kies. In Noordwes is dit byvoorbeeld Afrikaans, Engels en Tswana. In die Vrystaat Afrikaans, Engels en Suid-Sotho. In die Wes- en Oos-Kaap is dit Afrikaans, Engels en Xhosa. Al nege provinsies het Afrikaans en Engels as amptelike tale ondervang. Om nou byvoorbeeld in die Wes-Kaap te argumenteer Afrikaans moet weggelaat word “anders moet ook vir ander tale soos Venda voorsiening gemaak word,” is pure kaf.
Om drie, of selfs vier amptelike tale in ’n provinsie te gebruik is glad nie so onmoontlik nie.

Ons keer terug na die universiteite.

By die US het die raad ’n stokkie voor die effektiewe verengelsing van die kampus gesteek. Engels en Afrikaans sal gelykberegtiging kry, en daar sal gewerk word daaraan om Xhosa te bevorder. Die stryd om te verengels is egter nog duidelik nie verby nie, en die “debat” woed steeds voort met ou, gediskrediteerde argumente wat weer en weer in sirkulasie geplaas en opnuut afgeskiet word. Dit lyk of daar in sekere Afrikaanse akademiese kringe denkeilande ontstaan het ver verwyder van die jongste internasionale verwikkelinge oor minderheidstaalregte soos dit veral in Europa deur die internasionale reg beslag kry. Feite oor die voordele van moedertaalonderrig word slag om slag bloot ignoreer, en so ook die akademiese voordele wat meertaligheid bied soos toegang tot top-akademiese werk in Nederlands en Duits, wat Engels in sekere vakgebiede ver vooruit is.

Die Pukke sal nou ook ’n stelsel van parallelmedium implementeer. By Kovsies het die raad die Engelse opsie gevolg. Tot dusver kon enige kursus in Engels of Afrikaans gevolg word sonder dat enige student weens sy taalvoorkeur benadeel word. Nou word dit ’n Engelstalige universiteit met allerlei versiersuiker om dié harde werklikheid te probeer versag. Die bitterheid hieroor word verdiep weens geheimhouding oor vermoedelik gekonkelde prosesse om by ’n vooropgesette idee te kom. Verskeie oud-Kovies het reeds aangedui dat hulle hul aftrekorders gekanselleer het (o.a. een van R5 000 per maand), en ’n aantal wou selfs hul kwalifikasies laat “kanselleer”.

Verduidelikings soos “dat dit die keuse van die studente is” gaan nie op nie weens die geheimhouding van die uitslag van die in-huisopname, en die ignorering van AfriForum se referendum.

Die US en die PUK sal steeds onder druk bly met die “amptelike” argument dat afsonderlike klasse vir Afrikaans en Engels tot rasseskeiding lei. In die praktyk werk dit grootliks so dat wit studente (waaronder ook ’n aantal Engelssprekende studente wat ordelike klasse verkies) die Afrikaanse klasse bywoon. Swart studente verkies die Engelse klasse. ’n Groter probleem vir universiteite wat transformasie na die vlak van transformanie (en dus ongrondwetlikheid) probeer voer, is dat so ’n dubbelmedium-stelsel dit dikwels moeilik maak om ’n groter persentasie swart dosente aan te stel, omdat hulle dikwels slegs in Engels kan/wil klasgee. Meer wit en bruin dosente moet dus steeds aangestel word om die Afrikaanse klasse te kan bedien (en ook Engelse klasse te kan aanbied).

Hierdie verwikkelinge geskied teen die agtergrond van die ontplooiing van die private Afrikaanse universiteit, Akademia.

’n Argument wat ook in 2016 dikwels gehoor gaan word, is dat die “opdwing” van Afrikaans se grondwetlike regte breed in die pad van versoening staan (sonder om ag te neem watter skade boedel oorgee aan ’n positiewe gesindheid teenoor versoening aan “die ander kant” aanrig). In ’n land waar die president en die regering nie oor ’n kwessie soos hierdie so slapruggie is nie, kan die saak makliker volgens die bepalings van die grondwet beredder word.

Versoening en die bou van tussengroepverhoudinge is nie ’n simplistiese eensydige proses nie, maar ‘n komplekse multi-dissiplinêre proses. Om alle klasse te verengels gaan byvoorbeeld niks doen aan die sosio-ekonomiese ongelykheid nie.

Die aanspreek van die probleem verg behoorlike leierskap gerugsteun deur die wil daartoe, deur bykans elke lid van die bevolking. Die ontneming van ’n gemeenskap van sy kultuurgoedere (soos die vandalisering van standbeelde en die wegneem van historiese plekname) en grondwetlike regte vertroebel dinge al doop die Seunse Weenkoor dit nou ook in watter versiersuiker.

Môre, in deel 3, word ’n meer algemene oorsig oor 2015 gegee, en Donderdag word die reeks afgesluit met ’n kykie na die buiteland en die wetenskap, soos ruimteprestasies.

Lees 2015 in oënskou: Deel 1: Wat ‘n #jaar!
Lees 2015 in oënskou: Deel 2: Die aanslag teen Afrikaans

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

12 Kommentare

Henk ·

Herman vra “hoekom moet die “leiers” veg terwyl die res vere voel.
Ek vra, WIE is die sogenaamde “leiers”? WIE het hulle aangestel? WIE finansier hierdie “leiers”?
Hierdie organisasies en hul “leiers” is selektief in teen wie en wat hulle optree en vir wie hulle optree.
Hierdie organisasies is in die media bekend vir die selektiewe optredes en word nie op grondvlak gesien nie.
Kom ons gebruik ‘n simpel voorbeeld – In die stryd om die naamsverandering van PTA word die hele SA gepes met sms’s vir hulle R10-00 bydraes om teen die naamsverandering en straatnaam veranderinge te baklei. Maar waar was hierdie organisasies toe die naam van Witbank, Lydenburg, Nelspruit, Piet Retief om ‘n paar te noem, verander is. Ongeag die feit dat duisende “gewone” mense daarteen gaan stem het, was die “leiers” glinsterend in hul afwesigheid.
Hierdie “behoorlike leierskap” gerugsteun deur die hele volk waarna jy verwys klink soos Nasionale Party politiek en hierdie skrywe so al asof dit uit die pen van FW de Klerk kan kom.
Hierdie “leierskap” se selektiewe optredes dui daarop dat dit soos met die vorige Broederbonders, Vrymesselaars en die Afrikanerbonders, gaan oor geselekteerde individue en wat hulle daaruit kan kry.
Identies soos wat dit gegaan het voor en tydens die tyd wat de Klerk met sy ruggraatloosheid sy gat aan die Afrikaner afgevee het.
Dit maak nie saak hoeveel van die gepeupel hierdie “leiers” ondersteun nie. In die midde van hierdie “leiers” sit Afrikaans en die Afrikaner se grootste bedreiging.

Rooijan ·

Henk soos jy het baie van die leiers wat nou opstaan om getel te word eers gedink hulle sal wag en sien. Wel hulle het gesien juis soos jy noem dat om niks te doen nie, nie die antwoord is nie. Anders as jy doen hulle nou iets hulle sit nie net en skreeu oor ander se pogings nie. Lig jou stert en doen iets sluit by die res van ons aan en maak ń verskil.

Sarel Strydom ·

Ek is geen Politikus,Akademikus nie, net gewone Afrikaner. Die Afrikaners wat so vashou aan di verlede, die skuld pak op die destydse Ja stemmers, FW De klerk, en wie wie nog van die verlede. Dit is presies dieselfde as die EFF en die ANC wat Apartheid nie kan afskud nie en selfs Jan Van Riebeeck blameer Julle bly leef in die verlede en ons moet los breek van die verlede en saam prober bou aan die toekoms. Die Afrikaner is egter te dwarstrekkerug, soos ons geskiedenis bewys. Bring vir ons ‘n Leier Met Visie en krag wat die volk weer kan saamsnoer,dit is wat ons nodig het.

Dup du Plessis ·

Jy is so reg, bepaalde besluite het bepaalde gevolge, versoen jou dus met hoe dit gaan wees in SA, elke dag net bietjie erger. Die ja-stem was immers feitlik 70% teenoor ons verkramptes wat maar net ‘n stukkie tuisland in SA wou he vir selfbeskikking (sien hierin eie skole, eie universiteite ens.)……ongelukkig moet van ons nou onder hierdie besluit van ander ly……..tog is dit niks slegter as om weereens belasting te betaal aan ‘n regering wat maar steeds niks vir jou omgee nie. Nou weet ons egter waar ons staan t.o.v. die regering – Cowboys don’t cry….so gespe maar jou Colt of Beretta aan en lewe die lewe in Afrika.

chrisp ·

Sarel.

Ek verskil van jou en stem saam op ander.
Wat die verlede aanbetref.Jy is reg ons kan nie in die verlede leef nie ,maar bygese ons moet daaruit leer anders is ons “pleinweg” onnosel.Dws soos Henk opmerk is die meeste van die mense onbetroubaar veral die sogenaamde leiers en sal ek hulle nie vertrou as ek jy is nie.Ek sal dus geen pad saam met die onderhandelaars by name fw,roelf,leon ens stap nie, nie nou nie en ook nie later nie.Onnosel is ek nie.

Wat die ja stemmers betref net dit.Daar is vir hulle gelieg so eenvoudig soos dit.Ek het die bewyse gegee by ‘n vorige skrywe hier is dit.
Die vraag.
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Belofte
Met die opening van die parlement se hy(fw) dat daar weer ‘n referendum gehou sal word voor enige veranderings aan die grondwet.Dws die mense het gestem vir onderhandelings en nie oorgawe nie.

Hier is van die slagspreuke op hul plakkate.
• ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
• Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
• Ordentlike hervorming en redelikheid.
• Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
• Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
• Sterk en doelgerigte leierskap.
• ‘n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
• Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
• Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
• Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Henk is verder ook reg as hy meen die Afrikaner se grootste bedreiging is die bg “leiers”.Hulle het baie goed geweet dat hulle die mense bedrieg(anders waar is die uitvoering van bg beloftes?).Hoe kan enige afrikaner wat ernstig is oor sy eie, hierdie mense out weer vertrou? Ek meen tot vandag toe het nie een, maar nie een die nie nakom van die beloftes verduidelik of verskoning gevra nie.Waarom nie?
Terloops vind asb die EEN slagspreuke op die plakkate wat vandag waar is en wen ‘n Mazda!

chrisp ·

Johan 2
Jy is baie reg ons moet anbeweeg en oplossings vind vir ons probleme.Ander oplossings as die sogenaamde “reenboognasie” dit werk net nie die bewyse le die hele RSA vol en is besig om tot die Europeers ook ook deur te dring.
Waarop ek egter uiters bedag is is juis nuwe leiers en sal dubbel seker probeer maak voordat ek my ondersteuning aan so ‘n persoon gee.Ons geskiedenis is net te vol van die rugstekers soos jy hulle so op jou raakvat manier noem.Netso is ons geskiedenis ook ryk aan ware leiers ook.Die geheim gaan daarin le om die verskil te ken . Daarom is ek van mening dat Henk geldige punte maak en ook dat ons moet weet waar die bevonsing veral van die mense kom.Ook wie hulle venote is en wat hulle doen, nie wat hulle se soseer nie.

Kyk maar vir Malema as voorbeeld .Wie bevonds hom met wie praat hy.Kyk net hoe val hy die Britte aan om net dan saam met hulle groot geldbase te vergader.Dan ons wil wysmaak dat hy hulle oortuig het dat hulle van hul rykdom moet afstaan aan die “benadeeldes” .Die mense val daarvoor ons het ook sulke “leiers” en om dit nie aan die groot klok te hang nie gaan ons baie kos.Sulke leiers het ons hier gebring en dit is belangrik om te weet sodat elke leier wat nou opstaan nie net goedsmoeds geglo moet word nie.Hierdeer beskerm ons in werklikheid die goeies dan ook.

Marius ·

Ek dink nie sit was die ideaal dat ons met ‘n ANC regering opge-eindig het nie. De klerk het geweet die ANC sou die nuwe regering word. Maar hy het gestrewe na die ideale uitkoms. Hy het in gedagte gehad dat sy versoendende houding die ANC sal verander in ‘n morele organisasie met imbors. Die feit is hy het met boewe onderhandel, wat toe reeds moreel bankrot was, en wat nou maar net gebruik maak van vryheidsvegter retoriek omdat die ANC niks anders het om te bied nie. Maar ons moet pasop om te verval in ‘n gewoonte van beledigings teenoor ander rasse. Ek hoor dit ongelukkig in die gesprekke van Afrikaners. Ek dink dit vervreem swart mense wat wel morele imbors het. Ek ken persoonlik ‘n hele paar. Op die ou einde sien hulle een van twee keuses. Rassistiese blankes en die partye wat hulle aanhang of die ANC wat dan as die beste alternatief lyk. Ek weet dat ons opvoeding en lewensuitkyk verskil met mense van ander rasse. Maar ek dink ons moet aanbeweeg. Dis alles reg wat Afriforum en solidariteit doen. Hulle gebruik immers grondwet wat deur onderhandelinge daar gestel is om die saak van Afrikanners te beveg.

Rooijan ·

Meer as een skrywer hierbo noem die blanke afrikaner se dwarstrekkery as voorbeeld van hoekom ons nie daarin kan/sal slaag om die aanslag teen ons af te weer nie. Ironies genoeg verkondig dieselfde skrywers dan ewe trots dat hulle nie die leiers wat juis probeer om vir ons te veg sal ondersteun nie. ń Mens sou dit snaaks vind as dit nie so tragies waar was nie. Dan die belangrike vraag wie is die nuwe leiers wat hulle nie vertrou nie? Flip Buys en Dirk Herman? Sover ek weet was nie een van die twee here betrokke by Roelf, FW en Pik se onderhandelings nie. So ook is meeste van Afriforum en Solidariteit se leiers jong manne en dames wat waarskynlik jonger as 10 was in 1992. Kom nou mense maak oop julle oë en besef die tyd vir dwarstrek is verby. Selfs al stem julle nie 100% saam met die leiers wat opstaan nie, MOET dit beter wees as niks doen en hoop die ANC regering, die SAKP en die EFF sal ons, ons kultuur en ons taal nie vernietig nie, of hoe?

Johan 2 ·

Net soos jy sê Rooijan. Ons is baie krities oor die leiers wat jy noem en ek dink dit is tyd om verby dit te probeer beweeg. Ons beskou Zuma as n swak leier (wat hy vir ons is) maar die Zulu (en ander) staan oënskynlik bankvas agter hom, of hul nou wil of nie. As Zuma n Afrikaner was het iemand hom lankal verwyder. My punt is dat ons net die leiers wat ons het moet ondersteun (ons het nie superhelde nodig nie net mense wat ons die weg sal aanwys). As hul vaal soos die vorige bestel het ons ten minste probeer.

chrisp ·

Dankie Rooijan ek gee jou gelyk met die name wat jy noem. My punt en ek neem aan Henk sin ook is vir waaksaamheid.Mense wat vir ons veg is daar maar ook so het in die verlede mense verkondig dat hulle vir ons veg en wel mislei.Daarom leer uit die verlede.As voorbeeld dan ook bv die DA wat “veg” vir ons (dit is al vele kere hier op maroela verkondig).Dit is ‘n blatante leun en die genoemde leiers is dus dan die waarvan ek praat, onder andere.Om niks te doen nie is net so fataal. Is die blote feit dat mense krieties na leiers kyk nie al reeds ‘n mate van iets doen nie?’n Mens trek mos net aan dieselfde juk as die wat jou eindoel nastreef so nie mors ons net tyd en energie.
Ek hoop werklik ek maak my self nou meer duidelik.

Johannes Meintjes ·

Dankie vir ‘n insiggewende artikel wat die werklikhede van die dag en die politieke klimaat uitlig. Agter die skerms is egter ook talle rolspelers met verskeie agendas. Weereens meld ek dat ‘n deeglike studie van volksmoord sal aandui waar al hierdie aanslae op taal. kultuur, geloof, grond, eiendom, orde, geregtigheid ens. vandaan kom. Maar, ontstellend en ontnugterend is die harde feit dat die “volk” naderahnad al meer moed verloor op al hoe meer kritiese terreine. Stilbly en maar saam met die stroom beweeg raak die makliker, – hoewel uiters benadelend vir ons toekoms, – pad. Plan B bly van kritiese belang.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.