Nuuskommentaar: 260 miljoen Christene in 50 lande ervaar erge vervolging

Somalië het die derde plek op Geopende Deure Internasionaal se 2020-Wêreldwaarnemingslys vir die lande waar Christene die ergste vir hul geloof vervolg word. Foto: Verskaf.

Volgens ’n nuwe studie is die geneigdheid tot kommer moontlik ’n aangebore eienskap. Dit is eenvoudig so dat mense verskillend oor dieselfde ding voel – sommiges is optimisties en sien geleenthede waar ander net donker wolke raaksien – dikwels statutêre maatreëls wat hul eie én hul kinders se geleenthede eenvoudig nek omdraai en erge kommer in die hand werk. Dit alles dra by daartoe, soos ons ál meer in kwasi-akademikaans hoor, dat sake “bekommeringswaardig” lyk. Maar wat is die Christen se reaksie?

In sy jongste lys van die 50 lande waarin Christene erge vervolging ervaar, sê Geopende Deure dat daar nou 260 miljoen Christene so geraak word, 15 miljoen meer as ’n jaar gelede. Talle faktore speel ’n rol en soms maak dit weinig sin, soos dat Eritrea wat sesde op die lys is se Christene ongeveer die helfte van die bevolking uitmaak. In Indië, 10de op die lys, is meer as 66 miljoen mense Christene. (Volledige lys en verslag hier)

Sou Geopende Deure se ontledings en syfers blindelings aanvaar word, het Christene wêreldwyd rede om hulle oor hul medegelowiges te bekommer. Of het hulle dalk juis nie? Die Bybel leer immers dat geen mens ’n el by sy lengte kan voeg deur hom te bekommer nie. Of soos in Lukas 12:26: “Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng?” Altesaam is daar 21 verwysings na “bekommer” in die 1983-Bybelvertaling, en vyf in die 1953-vertaling.

Dit is duidelik dat die Woord nie altyd presies dieselfde betekenis het nie, soos wanneer God mense verkwalik oor hulle hul nie oor sekere mense se lot bekommer nie (die lot van sekere medemense ter harte neem nie) of God self wat Hom oor sekere mense of volke bekommer (nie tevrede is oor hoe sommiges hulself van God se hand vervreem nie). In Engels (NetBible) word ook verskillende woorde ingespan, soos worry, concerned en troubled. Jesus het immers vir Martha, aldus die NetBible, soos volg aangespreek: “Martha, Martha, you are worried {(μεριμνάω (merimnaw)} and troubled {θορυβάζομαι (qorubazomai)} about many things, but one thing is needed. Mary has chosen the best part; it will not be taken away from her.” (Lukas 10: 34)

Feit bly, om jou te bekommer is eg menslik. Een ouma het, as sy berispe is oor sy haar so verknies oor haar 12 kleinkinders, gesê dis haar voorreg as ouma om haar oor haar kleinkinders te bekommer. Dit het ook duidelik geblyk uit haar Bybel ná sy dood is, toe die naasbestaandes uit inskrywings kon lees hoe sy haar met die lot van elkeen vereenselwig het, veral die neef wat gereeld grensdiens verrig het. Die ander ouma het gereeld saans Stellenbosch se strate te voet aangedurf om op ’n rotasiebasis by vriendinne brug of ander wettige en minder wettige kaartspele te gaan speel. By haar kinders in Bloemfontein sou sy dit nie saans buite waag nie, terwyl sy ook ’n fobie vir weerlig gehad het. Met die een donderslag hardloop sy die huis uit, en met die volgende weer in huis toe.

Maar dood het ’n oorsaak, of liewer, bekommernis kan ook medies verklaar word. In die jongste uitgawe van The Conversation skryf prof. James Carmody van die Universiteit Massachusetts se Mediese Skool onder die titel Why we are hard-wired to worry, and what we can do to calm down die volgende:A new year brings both hopes and anxieties. We want things to be better for ourselves and the people we love, but worry that they won’t be, and imagine some of the things that might stand in the way. More broadly, we might worry about who’s going to win the election, or even if our world will survive.

“As it turns out, humans are wired to worry. Our brains are continually imagining futures that will meet our needs and things that could stand in the way of them. And sometimes any of those needs may be in conflict with each other.”

Bekommernisse kan eindeloos wees, maar, skryf Carmody, daar is maniere om dit baas te raak. Wat kommer onder Suid-Afrikaners moontlik baie beïnvloed, is dat mense soms geneig is om hul gedagtes te laat dwaal, eerder as om iets konkreets (daaraan) te doen. Om iets te doen neem die gedagtes weg daarvan om jou te verknies en in kommer te verdrink.

Sonder om in Carmody se komplekse teorieë verstrengel te raak, kan baie uit die Suid-Afrikaanse praktiese werklikheid afgelei word om moontlik die spyker op die kop te slaan. Die regering maak dit immers gereeld duidelik dat transformasie op verskeie terreine nodig en ’n moet is. Dit sal mense dus raak as hulle ’n magteloosheid ervaar indien hulle statutêr beperk word om brood te verdien, om finansiering vir studies te bekom, om hul potensiaal in sport te bereik, om kultureel verdring te word, soos wanneer nuwe bure begin om diere tradisioneel in hul agterplase te slag en dit teen wil en dank aangehoor moet word, en vele meer.

Of as die regering ’n bewese valse narratief oor iemand se volk se geskiedenis (en ja, dis al afgesaag nuusgewys, maar nou histories geanker) voorhou, soos die president se kwetsende voorstelling van die Bloedrivier-gebeure, en dit nogal op twee agtereenvolgende Versoeningsdae. Die atmosfeer vir versoening is ’n baie gevoelige terugslag toegedien.

Die Konstitusionele Hof se vertolking oor die toepassing van sake in die Grondwet erodeer dit wat groepe se bestaansekerheid, méér as net kulturele bestaansekerheid, sou bevorder. Dit is soos om ’n persoon se gemaksone-erodering tot ’n blote bestaansgroep te ondermyn, en danksy die Konstitusionele Hof se benadering ook die vermoë om iets daaromtrent te doen met ’n statutêre magteloosheid te vervang, en boonop die “sekerheid” oor die eienskappe van demokrasie te ondermyn. Die tirannie van die meerderheid kan eenvoudig hoop met kommer of bekommernisse vervang.

Grondgryp sonder vergoeding, en dit gegrond op ’n leuenagtige narratief (uitspraak deur die ad hoc-komitee oor eiendomsbesit) is ’n vlamwekker van magteloosheid.

Die vraag kan wel gevra word of die gewapende stryd tydens die ou bedeling nie ook deels gebore is uit ’n gevoel van magteloosheid wat statutêre persepsies gevoed het nie?

Polities korrek of nie, in die proses is terreurdade gepleeg. Sonder die behoorlike beskerming van minderheidsregte, en kommer oor die ontkenning hiervan, sal daar wel mense wees wat ’n gewapende stryd as enigste opsie beskou, soos wat reeds gebeur het. Maar gelukkig is die minderheidsgroepe in Suid-Afrika meestal Christene wat nie maklik terreuragtige gewapende optredes sal oorweeg nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan Venter ·

Ek aanvaar dat dit so kan wees dat die minderheidsgroepe in Suid-Afrika meestal Christene is, maar dan word die amptelike syfer van Christene in Suid-Afrika op 79.7% gegee. Iets maak nie sin nie, of ons moet weer na die definisie van ‘n Christen kyk, of die syfer is verkeerd. Dan, as ons dit as die norm gebruik beteken dit dat by die 80% van die ANC en ook die parlementslede is Christene. Natuurlik leef hulle hul geloof dan volgens die geskrifte uit en pas dit in die praktyk toe, maar waar pas die 10 Gebooie en die boodskap soos per die geskrifte dan by hul optrede en besluite in?

Jakes Jacobs ·

Die mens het sy vrees vir God verloor. Dus hoekom ons VADER sy rug op ons draai.

Johan Venter ·

Kan die antwoord by ons wees dat die ANC se ideologie swaarder die geskrifte weeg?

Johan Venter ·

En natuurlik ook diégene op die bank van die konstitusionele hof.

Hans ·

Lys die lande en dui aan wie vervolg die Christene in daardie land.

John ·

… kan die kitchen zink asb ook saam ry? Is eko-smart, die woke-angstoestand wat nou so aansteeklik is, ook van toepassing? Die artikel is oor my kop of eerder die grrr in my ou radio se opvangs. Christene wat vervolg word en in SA nie maklik terreurdade sal pleeg nie. Help, red my uit die Demokrate se perskebrandewyn… seblief… waar is ek?

Feite ·

Polities misdaad gemotiveerde terreuraanvalle wat gebore was uit die ou bedeling kom steeds voor in SA. Die ANC en EFF is hoofsaaklik volgelinge van die bevrydingsteologie wat gebaseer is op die Christelike bybel, maar waar die klem val op bevryding van verdrukking en waar regverdiging vir geweld gevind word in “God must punish them and God must burn them”. Wanneer mense dus mense brand dan is dit God se wil. Hierdie sogenaamde Christene glo dus nie aan die God van liefde nie en interpreteer die ou testament teenoorgesteld van die ware bedoeling. Dit is hoekom SA gemeenskappe alles breek, brand en vernietig. Hulle is vanwee die bevrydingsteologie dus geweldadige Christene en nie liefdevolle Christene nie, maar Christene die is hulle wel, hulle verdraai die bybel net so n bietjie om in te pas by hulle kommunistiese en sosialistiese ideologiee!

Johan Venter ·

‘n Christen is iemand wat nie die waarheid ‘n bietjie verdraai om hom te pas nie.

Drikus Kotze ·

Ek wil net graag uitwys, dat bekommernisse oor aardse dinge nie oor dieselfde kam geskeer kan word as Geestelike bekommernis, (Is my saak reg met die Skepper, Velosser en Heilige Gees). Soek eers die koninkryk van God, dan sal al die ander ding vir julle bygevoeg word.

Drikus Kotze ·

Ek wil ook net byvoeg dat die dinge nie noodwendig aardse goed is nie maar hemelse skatte. En ware Christene sien vervolging as ‘n bevestiging van hul geloof. Moenie die een vrees wat die liggaam kan dood maak, maar vrees Hom wat die siel in die hel werp!

skurweberg ·

Hierdie artikel het ‘n kan wurms oopgemaak, wat al lankal van die rak af gehaal moes gewees het. Die waarheid oor die ware en valse kerk wat deur christene bygewoon word moet uit!!!! Dis deel van die prefetiesestem van die WARE KERK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.